Nuwe parkbestuurstasie in Nkasa Rupara oop
Die Shishinze-parkbestuurstasie van sowat N$41 miljoen is met behulp van die Duitse regering opgerig.
Francoise Steynberg - Die Shishinze-parkbestuurstasie in die Nkasa Rupara Nasionale Park in die Zambezistreek is Woensdag amptelik deur die adjunkminister van die omgewing en toerisme, mnr. Tommy Nambahu, ingehuldig.
Die totale koste van die Shishinze-parkbestuurstasie was sowat N$41 miljoen, waarvan N$34 miljoen deur die Duitse regering deur sy Development Bank KfW voorsien is en N$7 miljoen deur die ministerie van die omgewing en toerisme.
Dit vorm deel van die laaste fase van die Namibië Nasionale Parke-program (NamParks) wat in 2006 begin is. Voorheen is nuwe stasies by Mahango, Susuwe en Ngenda in die Bwabwata en Mudumu Nasionale Parke gebou.
Die nuwe hoë gehalte parkbestuurstasie sal die ministerie in staat stel om die Nkasa Rupara Nasionale Park beter te bestuur. Mooi ingangshekke is gebou, asook administrasiekantore en ’n ontvangssentrum met inligtingsborde wat besoekers hartlik verwelkom.
Buite is piekniekplekke waar toeriste ná hul lang reis rustig in die natuur kan ontspan. Vir die natuurbewaarders en personeel is 19 nuwe een- en tweeslaapkamerhuise opgerig wat spog met 'n moderne sonkragstelsel. Daar is ook 'n sokkerveld vir natuurbewaarders en personeel.
Konstruksie is in 2014 deur die Nexus Group begin.
Onder die sowat 200 gaste wat die inhuldiging bygewoon het, was die Duitse ambassadeur, mnr. Christian Schlaga, die goewerneur van die Zambezistreek, mnr. Lawrence Sampofu, en verteenwoordigers van die plaaslike tradisionele owerhede.
"Die nuwe huise en ander geriewe is 'n groot verbetering op die vorige situasie. Die ministerie sal nou meer personeel kan aanstel en dus hul bestuurskapasiteit verhoog," het Schlaga gesê.
"Die pogings en resultate van die Namibies-Duitse samewerking om die vier noordoostelike parke te ontwikkel, dui op die verbetering van die effektiwiteit van parkbestuur. Dit het 'n positiewe effek op wildgetalle en die parkomgewing, wat besoekers se ervaring beïnvloed."
Toerismekonsessies en trofeejag genereer meer as N$13,7 miljoen per jaar vir gemeenskappe in die Zambezistreek.
Nambahu het ook nuwe inligtingsbrosjures en sakpas kaarte vir toeriste bekend gestel. Schlaga het Duitsland se voortdurende steun aan die ontwikkeling van toerisme-infrastruktuur en teenstropery-aktiwiteite belowe.
VERBOD OP PLASTIEKSAKKE
Voorts het Nambahu 'n totale verbod op plastieksakke in Namibië se nasionale parke voorgestel, berig Nampa.
Hy het 'n beroep op gemeenskapslede binne en buite die park gedoen om nie plastieksakke in die gebied te strooi nie - veral nie met die groot getalle van wild soos olifante, buffels, impalas, kameelperde en koedoes wat dit per ongeluk kan eet nie.
"Ons moet ons parke skoon hou en ons moet nou begin om alle plastiek uit ons parke te verbied. Plastiekitems soos sakke en bottels maak net ons parke vuil en sal toeriste ontmoedig om ons parke te besoek," het Nambahu gesê.
Hy het ook 'n beroep op natuurbewaarders gedoen om hul pogings teen olifantstropery in die gebied te verdubbel. Uit die olifantbevolking van 22 000 in Namibië kom 14 000 olifante in die Zambezistreek voor. - Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie