Nuwe ontsoutingsaanleg eers teen 2030
Nuwe ontsoutingsaanleg eers teen 2030

Nuwe ontsoutingsaanleg eers teen 2030

Dani Booysen
Ingenieurs was teen die einde van November besig met konsepplanne vir die oprigting van ‘n tweede ontsoutingsaanleg aan die Namibiese kus om die land se waternood te help oplos.
Die bouwerk sal 10 jaar neem volgens die teikens neergepen in die vorderingsverslag oor die uitvoering van besluite wat by 2018 se grondberaad geneem is.
Luidens die verslag het die Covid-19-pandemie die afhandeling van ‘n lewensvatbaarheidstudie deur NamWater en Oostenrykse konsultante in die wiele gery. Die taak is volgens die verslag 95% voltooi.
Die aanleg moet die bestaande een, Orano, komplementeer, die kus se watertekort aanspreek, gewasverbouing in die Namibwoestyn ondersteun en ook die waterskaarste in die sentrale binneland oplos.
Die Orano-aanleg is geleë tussen Swakopmund en Hentiesbaai en het teen die einde van 2019 reeds meer as 50 miljoen kubieke meter water gelewer.
Die oprigting van die nuwe aanleg sal na beraming 2 jaar neem. Die aanlê van ‘n pyplyn na ‘n reservoir in die binneland sal 3 jaar duur en die bou van ‘n pompstasie en tweede pyplyn ewe lank; nog 3 jaar. Die konstruksie van die opgaardam self sal 2 jaar duur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!