Nuwe omgewingskommissaris aangestel

26 March 2020 | Omgewing
Mnr. Timoteus Mufeti is verlede Woensdag as die nuwe omgewingskommissaris in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme aangestel.

"Mufeti bring ongelooflike kennis, kundigheid en ervaring in bewarings- en natuurlike hulpbronne-bestuur. Hy is 'n omgewingswetenskaplike met meestersgrade in wetenskap en sake-administrasie met 24 jaar ondervinding in die velde van bewarings- en natuurlike hulpbronne-bestuur, natuurbewaring en projekbestuur," sê die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda in 'n mediaverklaring.

Mufeti het sy loopbaan in bosbou begin voor hy later as omgewingsbeampte by die Walvisbaaise munispaliteit aangesluit het. Hy was ook Nacoma se projekbestuurder. Hy het as private konsultant verskeie konsultasieprojekte oor onder meer afvalbestuur en klimaatsverandering gedoen.

"Die ministerie het geen twyfel dat Mufeto die omgewingsbestuurswet en ander wette suksesvol sal implementeer en Namibië se natuurlike hulpbronne volhoubaar sal bestuur nie," sê Muyunda.

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

1 uur gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

1 uur gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

1 uur gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

1 uur gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

1 uur gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...