Nuwe nasionale kaarte bekend gestel

Namibië is van die min lande in Afrika wat elke 10 tot 15 jaar sy nasionale kaarte op datum bring.
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Die direktoraat van landmeetkunde en kaarte in die ministerie van grondhervorming het op 20 April die land se nuwe nasionale kaart bekend gestel.

Die amptelike kaart is op 'n skaal van 1:1 000 000 en dui die jongste grense, streke, plaasverdelings en landdrosdistrikte aan - inligting wat die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, as “kritiek vir beplanning” beskryf het.

“In oorleg met die ministerie se strategiese doelwitte moet ons die fundamentele geo-ruimtelike datastelle wat op datum is, verskaf, omdat dit onder meer 'n direkte impak op grondhervorming het.

“Dié kaarte sal 'n waardevolle bydra maak om besluite oor staatsbeleide te ondersteun, asook om ons nasionale­ ontwikkelingsdoelwitte te bereik wat betrekking het op die Harambee-welvaartplan en die vyfde nasionale ontwikkelingspan,” het Nujoma gesê.

Die drie kaarte wat bekend gestel is, sluit in een wat die landdrosdistrikte dwarsoor die land aandui, asook een wat die registrasie van grond aandui, en die jongste topografiese kaart van die Omahekestreek.

“Kaarte is belangrik omdat hulle vir ons aanduidings gee van waar natuurlike hulpbronne, mense en staatinfrastruktuur geleë is. Hierdie inligting is baie belangrik vir die beplanning van ekonomie, infrastruktuur en diensverskaffing,” het mnr. Uzochukwu Okafor, die landmeter-generaal gesê.

“Kaarte bied ons 'n manier waarop ons onsself kan inlig oor ons plek in die wêreld, en dui inligting aan wat nie maklik in woorde oorgedra kan word nie,” voeg hy by.

Die kaarte vervang die voormalige 1:1 000 000 kaart, wat in 2008 bekend gestel is, en is teen 'n koste van N$ 3,9 miljoen vervaardig deur Wetu-GIT, 'n Namibiese maatskappy, in samewerking met twee buitelandse vennote: ADCC International en The Regional Centre for Mapping of Resources for Development (RCMRD).

“Dit was 'n besonderse ervaring omdat ons dwarsoor die land moes reis om inligting te versamel en hoewel ons by tye gesukkel het met toegang na plase ensovoorts, is ons trots op die kaarte en al die belangrike inligting wat daarop vertoon word,” het mnr. Uazukuani Uazukuani van Wetu-GIT gesê.

Namibië is van die min lande in Afrika wat elke 10 tot 15 jaar sy nasionale­ kaarte op datum bring, en ook een van 'n handjie vol wat 'n volledige elektroniese topografiese kaart aanlyn beskikbaar het. Van die nasio­nale kaarte vir sommige lande in Afrika is tot 30 jaar oud.

“Ons moet die ministerie en die direktoraat hartlik geluk wens met hul goeie werk in die modernisering van ons nasionale kaarte. Dit is nie net 'n belangrike bron van inligting nie, maar is kritiek in die beplanning van ontwikkelings, dorpsuitleg en die grondhervormingproses,” het mnr. Sakkie Coetzee, landelike en stadsbeplanner en uitvoerende bestuurder van die Namibiese Landbou-unie (NLU) gesê.

Die nuwe kaarte is by die kantoor van die landmeter-generaal in Windhoek beskikbaar of by die streekskantore van die ministerie van grondhervorming teen 'n koste van N$250.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!