Nuwe minister praat met ‘strydkinders’
Die nuwe minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Erastus Uutoni (foto), het vanoggend (Vrydag) die sogenaamde strydkinders ("stuggle kids") besoek wat op die Ndilimani-plaas net buite die hoofstad kamp.
Die minister vergesel van amptenare en die adjunkminister, me. Agnes Tjongarero, asook die spesiale raadgewer, past. Ludwig Hausiku, het hulle besoek.
Hulle woordvoerder, mnr. Gabriel Hendrik, het die minister verwelkom. “Jy mag dink diere bly hier, maar ons is nasate van die stryd vir vryheid wat hier woon,” het hy gesê.
Uutoni het die groep aangemoedig om die terrein waar hulle woon, skoon te maak en ook om die regering se aanbod vir opleiding te aanvaar. Hy het ook gesê hulle moet terug keer na die onderskeie streke waarvandaan hulle afkomstig is.
Foto: Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie