Nuwe Meatco-, swakara-raadslede verkies

Tydelike raad vir vleisonderneming

23 December 2016 | Landbou
Elvira Hattingh - Die minister van water, landbou en bosbou, mnr. John Mutorwa, het Woensdag ses tydelike Meatco-raadslede asook ses permanente swakara-raadslede aangestel.

Die aankondiging volg ná onsekerheid vroeër vanjaar geheers het oor of die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, of Mutorwa die nominasies vir die Meatco raad moet ontvang en aanwys.

Die voormalige raad se termyn het reeds op 3 Oktober verstryk.

Die onsekerheid het ontstaan nadat die kabinet in Julie die nuwe hibriede regeringsmodel vir staatsondernemings aanvaar het, wat beteken dat die ministerie van staatsondernemings voortaan volle aandeelhouerregte oor dié ondernemings sal uitoefen.

Volgens ’n persverklaring is daar egter ná deeglike konsultasie met die minister van staatsondernemings en in streng ooreenstemming met die relevante wette besluit om ’n tydelike Meatco-raad aan te stel totdat nuwe lede oor ses maande aangewys kan word.

Die raad, onder leiding van me. Martha Namundjebo-Tilahun as voorsitter, word op Woensdag 4 Januarie van krag. Mnr. Ronald Kubas sal as ondervoorsitter dien, met me. Sophia Kasheeta, mnre. Ismael Ngangane, Fanie Oosthuizen en Mushokobanji Mwilima wat ook as raadslede sal dien.

Die swakara-raad, onder die voorsitterskap van me. Julene Meyer, sal vanaf 1 Januarie 2017 vir die volgende vier jaar van krag wees. Mnr. Johannes Motinga is die ondervoorsitter, met mnre. Pieter Hugo, Johannes Kohlman, Chris Baisako en Arnold Klein wat ook op die raad sal dien.

Soortgelyk

 

Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand

1 uur gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeyo Muyunda, het vanoggend bevestig dat meer as 80 karkasse van...

Keelvol studente soek hul geld

13 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

13 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

13 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

13 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

13 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

13 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

13 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

13 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...