Nuwe Meatco-, swakara-raadslede verkies

Tydelike raad vir vleisonderneming

29 December 2016 | Landbou
Elvira Hattingh - Die minister van water, landbou en bosbou, mnr. John Mutorwa, het ses tydelike Meatco-raadslede asook ses permanente swakara-raadslede aangestel.

Die aankondiging volg ná onsekerheid vroeër vanjaar geheers het of die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, of Mutorwa die nominasies vir die Meatco-raad moet ontvang en aanwys.

Die voormalige raad se termyn het reeds op 3 Oktober verstryk.

Die onsekerheid het ontstaan nadat die kabinet in Julie die nuwe hibriede regeringsmodel vir staatsondernemings aanvaar het, wat beteken dat die ministerie van staatsondernemings voortaan volle aandeelhouerregte oor dié ondernemings sal uitoefen.

Volgens ’n mediaverklaring is ná deeglike konsultasie met die minister van staatsondernemings en in streng ooreenstemming met die betrokke wette besluit om ’n tydelike Meatco-raad aan te stel totdat nuwe lede oor ses maande aangewys kan word.

Die raad, onder leiding van me. Martha Namundjebo-Tilahun as voorsitter, word op Woensdag 4 Januarie van krag. Mnr. Ronald Kubas sal as ondervoorsitter dien, met me. Sophia Kasheeta, mnre. Ismael Ngangane, Fanie Oosthuizen en Mushokobanji Mwilima wat as raadslede sal dien.

Die swakara-raad, onder die voorsitterskap van me. Julene Meyer, sal vanaf 1 Januarie 2017 vir die volgende vier jaar van krag wees. Mnr. Johannes Motinga is die ondervoorsitter, met mnre. Pieter Hugo, Johannes Kohlman, Chris Baisako en Arnold Klein as raadslede.

Soortgelyk

 

'n Lewe gekenmerk deur vaste beginsels

2 dae gelede | Mense

Estelle de Bruyn - 'n Ryk en vol lewe, 'n lewe wat gekenmerk is deur vaste beginsels, iemand wat hom nooit laat voorskryf het deur...

Ya Toivo: Tyd vir groet breek aan

2 dae gelede | Mense

Roubeklaers en hoëlui het hulle plekke ingeneem by die Onafhanklikheidstadion in Olympia waar die gedenkdiens vir die vryheidstrydikoon mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo nou...

Lloyd Zandberg: Midas-Hofnar

2 dae gelede | Kuns en vermaak

BL3: Die Ventertjies en Heidi kom kuierBL8: Sit vonkel in jou strompel

Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

2 dae gelede | Vervoer

Francoise Steynberg - Die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het dit gistermiddag duidelik gestel dat korrupsie by regeringsmaatskappye nie geduld sal word nie....

Resessie wurg Namibië

2 dae gelede | Maatskaplik

Jo-Maré Duddy - Die ekonomie wat in die eerste kwartaal vanjaar sowat N$750 miljoen armer was as in dieselfde drie maande in 2016, het Namibië...

Kalender 23 Junie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Pak vandag ’n piekniekmandjie en raak deel van die eerste WINE ON TAP by die MegaCentre in Windhoek. Daar gaan onbeperkte...

Tronkmoord: trio gevonnis

2 dae gelede | Howe

Jacqueline Louw - In ’n uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner...

Kabinet besluit teen invoer van gevaarlike afval

2 dae gelede | Regering

Augetto Graig - Die kabinet het tydens hul onlangse vergadering besluit om die invoer van gevaarlike afval van ontwikkelde lande teen te staan.Dít deur die...

Weer vir 23 Junie

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik gedeeltelik bewolk en koud in die oggend oor die //Kharasstreek, maar later sonnig en matig. Elders sal dit sonnig en matig tot warm...