Nuwe lugvaartregulasies skep wedloop teen tyd
Nuwe lugvaartregulasies skep wedloop teen tyd

Nuwe lugvaartregulasies skep wedloop teen tyd

Oor 10 maande moet die nagenoeg 100 private vliegvelde en landingstroke almal geregistreer wees en bedryfslisensies hê.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Die eienaars en operateurs van private landingstroke en vliegvelde in die land is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om seker te maak hulle voldoen oor 10 maande aan die nuwe burgerlugvaartregulasies.

Ingevolge dié regulasies moet alle vliegvelde en landingstroke soos dié by lodges en oorde gelisensieer wees – so nie mag kommersiële vlugte daarheen nie onderneem word nie.

Die nuwe regulasies tree op 1 Januarie 2020 in werking en gaan na raming 100 vliegvelde en landingstroke raak.

Dit sou reeds op 1 Januarie vanjaar in werking getree het, maar is ná dringende pleidooie deur die lugvaart- en toerismebedryf uitgestel omdat dit vir operateurs prakties onmoontlik sou wees om op kort kennisgewing betyds hieraan te voldoen.

Die Federasie van Toerismeverenigings in Namibië (Fenata) sê dit is noodsaaklik vir die toerismebedryf dat kommersiële vlugte na hierdie vliegvelde ná 1 Januarie aanstaande jaar kan voortgaan, aangesien sowat 60 000 passasiers jaarliks van hierdie vlugte gebruik maak.

Baie van hierdie vliegvelde is by lodges en oorde geleë en buitelandse toeriste word uit Windhoek en elders met ligte vliegtuie daarheen vervoer.

Volgens die federasie word hierdie vorm van vervoer toenemend belangriker vir die toerismebedryf.

Fenata se voorsitter, mnr. Bernd Schneider, sê ondanks die verlenging van die sperdatum met een jaar, sal dit steeds vir die eienaars en operateurs van hierdie vliegvelde en landingstroke moeilik wees om betyds aan die nuwe regulasies te voldoen.

“Die proses van registrasie en lisensiëring is omslagtig en kan etlike maande neem om af te handel. Selfs met die nuwe datum van inwerkingtreding voorsien ons dat ons teen die einde van die jaar probleme gaan hê aangesien dit haas onmoontlik is om betyds alle private vliegvelde en landingstroke te registreer en lisensieer,” sê Schneider.

Hy sê die nuwe regulasies kan tot die ondergang van baie van die ligte vliegtuig-operateurs lei en werksverliese meebring.

Volgens hom is vliegsafari’s ‘n wesenlike deel van die Namibiese toerismebedryf, aangesien baie van die lodges in afgeleë gebiede daarop steun om besoekers te vervoer.

Hy sê die bedryf is nie verlede jaar geraadpleeg nie en die regulasies is nie betyds gepubliseer nie. Daarom het dit byna op ‘n ramp afgestuur.

Schneider sê die toerismebedryf steun egter die nuwe regulasies, al bied die nakoming daarvan vir operateurs uitdagings.

“In die algemeen ondersteun ons ‘n veiliger lugvaartomgewing in Namibië. Ons ondersteun ook die feit dat daar registrasie van een of ander aard moet wees. Ons het nie as sodanig ‘n probleem met die regulasies nie. Ons groot beswaar verlede jaar was die implementeringsdatum en die min tyd wat ons gegun is.”

Die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) is nie voornemens om die toepassing van die nuwe regulasies te laat vaar nie.

Die waarnemende uitvoerende direkteur, mnr. Gordon Elliott, sê die regulasies is nodig om ‘n veiliger omgewing vir die bedryf van hierdie kommersiële vlugte te skep.

“Die burgerlugvaartwet vereis dat operateurs en belanghebbendes in die burgerlugvaartstelsel in Namibië oor lugvaartdokumente soos lisensies, sertifikate, goedkeuring en permitte beskik. Dit verseker dat die vliegvelde en lughawens binne Namibiese jurisdiksie ‘n veilige operasionele omgewing bied wat aan artikel 37 van die Chicago Konvensie op Burgerlugvaart voldoen, wat ons ook onderteken het,” sê Elliott.

“Kommersiële operateurs en die eienaars van landingstroke moet 'n lugvaartstudie, risikobepaling en veiligheidsopname uitvoer om die potensiële gevare te identifiseer wat met die bedryf daarvan verband hou. Daarsonder kan maatreëls nie ingestel word om dit veiliger te maak nie,” sê hy.

Mnr. Hans Wiehahn, president van die Vereniging vir Vliegtuigeienaars en Vlieëniers (Aopa), wou nie kommentaar lewer nie.

“Ons is tans besig om met die NCAA oor die nuwe regulasies gesprekke te voer en wil nie in die openbaar kommentaar lewer voordat die kwessies nie op een of ander wyse opgelos is nie,” het hy gesê.

“Dit sou onwys van ons wees om die proses te benadeel, aangesien die onderhandelinge in ’n sensitiewe stadium is,” sê Wiehahn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%