Nuwe lokomotiewe vir TransNamib
Die ses reuse het Vrydag van Brasilië af in die Walvisbaai-hawe aangekom.
Otis Finch op Walvisbaai - TransNamib het Vrydag die trotse eienaar van ses nuwe model C 23 EMP-lokomotiewe ter waarde van nagenoeg N$300 miljoen geword.
Die lokomotiewe is deur General Electric in Brasilië vervaardig.
Die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die spoordiens, mnr. Mbahupu Hippy Tjivikua, het die vrag ná die aankoms aan boord van die vaartuig die Industrial Challenger in die Walvisbaai-hawe in ontvangs geneem. Dit het bykans een uur geneem om een lokomotief van die vaartuig af te laai.
“Al kry ons nou nuwe lokomotiewe, is dit ook belangrik om ons spoorinfrastruktuur op te gradeer en ons is in die proses om dit te doen. Die bestaande infrastruktuur is baie oud en om die hele stelsel te hersien, sal ongeveer N$15 miljard benodig word.”
Volgens Tjivikua behoort die lokomotiewe reeds teen volgende week operasioneel te wees en sal gebruik word om swaelsuur van die Dundee-myn op Tsumeb na Rössing te vervoer.
“Ons begin 2017 op 'n baie positiewe noot, nie net vir TransNamib nie, maar vir die hele land. Hierdie is beslis een van die beste aanskaffings wat die maatskappy in die afgelope 50 jaar gedoen het. General Electric is 'n uiters doeltreffende vervaardiger en hy het ons met van die mees betroubare lokomotiewe, insluitende diensplanne, op die mark voorsien,” het Tjivikua gesê.
Angola het 100 en Mosambiek het 125 soortgelyke lokomotiewe bestel. Namibië vereis 'n verdere 20 lokomotiewe op medium termyn om 'n betekenisvolle verbetering in spooroperasies teweeg te bring.
TransNamib beskik nou oor 97 lokomotiewe, insluitende die ses nuwes, in sy vloot waarvan 52 operasioneel is. Die ou lokomotiewe is reeds vir meer as 50 jaar in gebruik en dit is meer as dubbel die verwagte lewensduur van tussen 20 en 25 jaar. Volgens 'n betroubare bron word sommige van die 17 SDD-6-lokomotiewe, wat in 2014 van China South Locomotive en Rolling Stock Corporation Ltd aangeskaf is, en vier ander wat tien jaar gelede vir N$44 miljoen gekoop is, nou opgeknap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie