Nuwe krematorium (weer) in sak en as
Nuwe krematorium (weer) in sak en as

Nuwe krematorium (weer) in sak en as

Namibië se splinternuwe krematorium sal na verwagting nie voor einde vanjaar weer verassings kan doen nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ‘n Brand wat uitgebreide skade aan een van die filterafdelings in die verbrandingsoond van die Windhoekse munisipaliteit se splinternuwe krematorium veroorsaak het, het verassings in die land sedert Desember verlede jaar tot stilstand geruk. Die nuwe verbrandingsoond sal na verwagting ook nie vanjaar weer enige verassings kan doen nie.

Die laaste verassings is in 19 Desember verlede jaar gedoen. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, word die oorsaak van die brand as ‘n versekeringseis hanteer en word dit deur ‘n versekeringsmaatskappy ondersoek.

Op ‘n vraag wanneer die verbrandingsoond weer sal kan diens doen, sê Amutenya finale besprekings met die versekeraar is vir aanstaande maand geskeduleer wat die weg vorentoe sal aandui.

Na verwagting sal die herstelwerk “duur en tydrowend” wees omdat parte uit Duitsland gesoek moet word.

“Na verwagting sal die nuwe verbrandingsoond nie voor die einde van vanjaar weer in werking wees nie,” het Amutenya gesê.

Oor wat gedoen kan word om te verseker dit gebeur nie weer nie, het sy gesê die versekeraar se ondersoekverslag sal die oorsaak van die brand hopelik identifiseer.

“Wanneer dit bekend is en ooreenstemming bereik is, sal die munisipaliteit regstellende maatreëls moet implementeer om dit aan te spreek.”

Volgens Amutenya word “sekere herstelwerk” ook vir die ou verbrandingsoond beplan. Sy het voorts gesê die aankoop van nuwe parte en die vervaardiging van vervangende onderdele vir die ou verbrandingsoond het reeds begin.

“Herstelwerk aan die ou verbrandingsoond kan reeds vandeesweek begin.”

Die ou krematorium in Windhoek is in 1975 geopen.

Die nuwe krematorium, wat teen N$15 miljoen in die hoofstad opgerig is, was in die nuus toe dit skaars vier maande ná sy opening tot stilstand gekom het – dít weens ‘n voortdurende gaslekkasie.

Die Duitse maatskappy Ruppmann Verbrennungsanlagen GmbH, wat die nuwe krematorium ontwerp en gebou het, het glo nie ‘n gastenk geïnstalleer nie, omdat dit nie deel van die ooreenkoms was nie.

Die hulp van ‘n plaaslike maatskappy is toe ingeroep om ‘n gastenk te installeer, maar dit het ook nie volgens plan verloop nie.

In 2017 het die ou krematorium ook tot stilstand gekom, nadat dit in 2015 vir vier maande nie gewerk het nie. Families wat hul ontslape geliefdes wil laat veras, moet noodgedwonge bykomende onkostes aangaan om dit by die naaste krematorium op Upington, in Suid-Afrika, te laat doen.

Volgens ‘n leser wie se oorlede suster se laaste wens was om veras te word, moet hy ‘n ekstra N$4 500 betaal as hy haar op Upington wil laat veras.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!