Nuwe kinderhuis in Katutura
Dolam-kinderhuis in Katutura, in die hoofstad, het onlangs sy deure vir die eerste keer oopgemaak.
Die Duitse ambassade het, deur middel van sy mikroprojek, meubels ter waarde van N$255 362 aan die kinderhuis geskenk.
Verteenwoordigers van die ambassade in Windhoek, die stigter van die kinderhuis, me. Rosa Namises, en verteenwoordigers van die Duitse nieregeringsorganisasie Pallium e.V., was by die opening teenwoordig.
Volgens ’n verslag van die Duitse ambassade huisves Namises al sedert 1999 wees- en die weerlose kinders in haar eie huis.
Die kinderhuis sal die kinders egter meer privaatheid en studieruimte bied, asook 'n groter ontspanningsarea.
Die huis sal ook 'n groter aantal wees- en kwesbare kinders kan huisves, en beskik oor ’n groot erf sodat nog kinders in die toekoms ingeneem kan word.
Volgens die verslag sal die kinderhuis in die toekoms ook kinders wat agtergelaat is en siek babas inneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie