Nuwe Khoekhoegowab-Bybel voltooi
Nuwe Khoekhoegowab-Bybel voltooi

Nuwe Khoekhoegowab-Bybel voltooi

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Bybelgenootskap van Namibië het onlangs in die hoofstad tydens ’n mediageleentheid gedemonstreer hoe vertalers die nuwe Bybelvertaling in Khoekhoegowab die afgelope 14 jaar aangepak het.

Ds. Barnie van der Walt, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap, het gesê verskeie kerke, onder meer die Evangeliese Lutherse Kerk, die African Methodist Episcopal (AME) kerk en die Katolieke kerk, het ’n versoek gerig vir die vertaling van die Khoekhoegowab-Bybel omdat dit moeilik is vir die jeug om dit te lees.

Van der Walt het gesê die Bybel moet ná minstens 50 jaar weer vertaal word sodat jongmense in ag geneem word.

“Destyds is die vertaling gedoen deur mense wat nie die sprekers van die taal is nie, en dit maak dit moeilik vir die jeug om dit te lees.

“Die Bybel moet vir die jongmense verstaanbaar gemaak word,” het hy gesê.

Volgens Van der Walt is dit die tweede keer dat die hele Bybel in Namibië vertaal is, en die eerste keer dat moedertaalsprekers dit self doen.

Volgens me. Valerie Isaaks, een van die vertalers, is die taal lewendig en het die ortografie daarvan verander.

“Die ou Bybel-taal is nie dieselfde as vandag s’n nie. Die ou vertaling is ’n direkte en letterlike vertaling.”

Volgens Isaaks fokus die nuwe vertaling meer op die betekenis van die geskrifte.

“Ons ouers gebruik meestal die ou vertaling, maar die jongmense verstaan nie die ou vertaling nie,” het sy gesê.

Volgens Van der Walt was dié vertaling ’n prioriteit omdat die hoeveelheid lesers dit geregverdig het. Hy het gesê die projek het sowat N$10 miljoen gekos en 14 jaar geduur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!