Nuwe jaar kan konstruksie bou

Bouwerk aan reuseprojekte, met ‘n gesamentlike beleggingswaarde van minstens N$6 miljard, sal na verwagting vanjaar begin.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Multimiljardprojekte op die konstruksiekalender sal dié sektor na verwagting in 2020 uit sy resessie van vier jaar lig.

Dié verwagte oplewing sal help om Namibië se algehele ekonomie in die nuwe jaar met ’n geskatte 0,9% te laat groei, voorspel die plaaslike ontleders Simonis Storm (SS) in hul jongste vooruitskatting.

SS verwag bouwerk aan reuseprojekte, met ’n gesamentlike beleggingswaarde van minstens N$6 miljard, sal vanjaar begin.

Dié projekte sluit in die Goreangab-waterfront (N$2 miljard), MTC-netwerkinfrastruktuur (N$1 miljard), opknapping van waterinfrastruktuur (N$1,8 miljard), die Ongos-behuisingsontwikkeling (N$800 miljoen) en Nedbank Namibia se nuwe hoofkantoor (N$550 miljoen).

Die sektor kan voorts ’n verdere hupstoot uit die bou van huise in Windhoek verwag, terwyl voortgesette pad- en spoorkonstruksie ook tot beter groei sal bydra, meen SS.

“Ons glo die konstruksiesektor het ’n nuwe normaal bereik en ons verwag nie meer die 42%-groei wat ons tydens die teikengerigte ingrypingsprogram vir indiensneming en ekonomiese groei (Tipeeg) in 2014 gesien het nie,” sê SS.

Statistiek

Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het onlangs nuwe ekonomiese groeisyfers vrygestel wat op die bestendige pryse van 2015 geskoei is. Dit maak onder meer vir die impak van inflasie voorsiening en dien as maatstaf vir sektore se vertoning van jaar tot jaar. Die NSA se vorige syfers was op die bestendige pryse van 2010 gegrond.

Volgens die jongste statistiek het konstruksie in 2014 met 40,8% gebult. Die sektor se laaste positiewe vertoning was in 2015 toe dit met 22,7% gegroei het. In 2016 het die regering met begrotingskonsolidering begin deur besteding skerp te snoei en was konstruksie een van die grootste slagoffers. In dié jaar het die sektor met -41,1% gegroei, gevolg deur -23,1% en -5,4% in 2017 en 2018 onderskeidelik.

Luidens die NSA het konstruksie in die derde kwartaal van 2019 jaar-op-jaar met 20% gegroei – die sektor se eerste positiewe vertoning sedert die tweede kwartaal in 2018.

Teen 2015 se bestendige pryse het die sektor in die derde kwartaal verlede jaar N$914 miljoen in die ekonomie ingepomp – die meeste sedert 2018 se eerste kwartaal.

Teen heersende pryse was die sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) sowat N$1,267 miljard, die hoogste in presies drie jaar. Konstruksie se bydrae tot die BBP in die kwartaal onder oorsig was 2,8%, die hoogste sedert die begin van 2018.

SS sê boubedrywighede tel sedert die begin van verlede jaar spoed op – veral met behuising en spoorbou.

Die jongste munisipale data toon ’n toename in die waarde van bouplanne wat tydens die eerste 10 maande van 2019 in Windhoek voltooi is.

Meer as N$1 miljard se bouplanne is van die begin van verlede jaar tot die einde van Oktober afgehandel, sê IJG Securities in hul jongste verslag.

Dit is N$158,7 miljoen of 18,6% meer as dieselfde 10 maande in 2018.

Die meerderheid hiervan – N$477,3 miljoen – was aanbouings wat voltooi is.

Bykans N$351 miljoen se huise en woonstelle is in die hoofstad voltooi, terwyl amper N$185 miljoen bouplanne vir kommersiële- en nywerheidsgeboue behels het.

Laasgenoemde is ’n verhoging van bykans 249% teenoor die eerste 10 maande van 2018.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.58/BBP UP +1.38% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%