Nuwe Islamitiese terreur in Mosambiek
Die tweede bloedige aanval in twee weke deur ’n “nuwe” ekstremistiese groep Islamiste in die noorde van Mosambiek, wat glo bande het met die terreurgroep Al-Sjabab, het dié land se polisie in ’n krisis gedompel.
Die afgelope Donderdag is vier polisielede en nog sewe burgerlikes doodgeskiet in die dorp Maculo in die streek Mocímboa da Praia naby die Tanzaniese grens, berig die Mosambiekse nuusdiens AIM.
Die owerhede vermoed die aanval is gedoen deur dieselfde groep wat verlede Donderdag gelyktydig drie polisiekantore in dieselfde streek aangeval en vier polisiemanne doodgeskiet het. Twaalf aanvallers en ’n gemeenskapsleier is volgens AIM ook in dié aanval dood.
Die groep staan bekend as die Swahili-Sunah-groep, oftewel Al Sunah, en hul invloed in Noord-Mosambiek groei snel.
Veiligheidskenners voorspel die onstabiliteit kan gevolge inhou vir die peperduur nuwe vloeibare-gas-aanlegte wat sowat 80 km verder noord lê.
Konstruksie het reeds begin aan die eerste terminusse, wat uiteindelik ook aan Suid-Afrika moet gas lewer.
Volgens Rhula Intelligent Solutions (RIS), wat risiko-ontledings vir beleggers in Mosambiek doen, was die aanvallers van voorverlede week waarskynlik Mosambiekse burgers wat in Tanzanië opgelei is.
Die aanvalle het gebeur nadat die Tanzaniese intelligensiedienste Mosambiek herhaaldelik oor die aktiwiteite van die groep gewaarsku het.
“Al-Sjabab en ander terreurorganisasies is nie meer net ’n bedreiging in Oos-Afrika nie. Dit word nou ’n veiligheidsbedreiging vir Suider-Afrika,” lui RIS se verslag.
Die goed beplande aanvalle en die diefstal van polisiewapens kan aandui dat die groep nóg planne in die mou voer.
Teen Donderdag is reeds meer as 50 verdagtes aangekeer.
Volgens RIS gaan die bykomende bedreiging Mosambiek se veiligheidsmagte, wat reeds met politieke geweld en misdaad spook, verder beproef.
“Mosambiek het reeds ’n tekort aan behoorlik opgeleide militêre magte en ’n gebrek aan vermoëns om die infiltrasie van insypelaars per see of oorgrens behoorlik te monitor.
“Verdere aanvalle op polisie- en militêre instellings en selfs terreurgedrewe bomaanvalle is moontlik,” lui die verslag. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie