Nuwe inligting oor diensstasie-voorval
Nuwe inligting oor diensstasie-voorval

Nuwe inligting oor diensstasie-voorval

Polisieondersoek byna voltooi
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Beeldmateriaal wat op ’n Engen-diensstasie se kringtelevisiekameras vasgelê is, wys hoe ’n aggressiewe onderonsie tussen twee broers in die stasie se winkel en sekuriteitswagte ontstaan het.
Een van die wagte is glo deur die een broer teen die bors gestamp en gevloek en gedreig, terwyl die ander broer probeer het om die situasie te ontlont.
In sy poging om dit te doen, het hy sy broer met winkelvoorraad begin gooi.
Dit het die gemoedere vir ’n oomblik gekalmeer, maar dit het weer opgevlam nadat ’n sekuriteitswag by hom wou weet hoekom hy voorraad rondgooi.
Nampol se woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het gister op ’n mediakonferensie die publiek verseker die polisie het onmiddellik aan die saak begin werk toe hulle daarvan te hore gekom het.
“Die persepsie bestaan dat die polisie nie aandag aan die voorval gee nie, maar beamptes het reeds in die vroeë oggendure van Sondag die voorval begin ondersoek. Hulle het onmiddellik al die hospitale besoek om die betrokkenes te vind. Ons het in daardie stadium reeds verklarings by hulle afgeneem. Ons het reeds onderhoude met getuies en belanghebbende partye afgehandel. Die ondersoek is dus byna voltooi,” het Kanguatjivi gesê.
Klagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te doen, asook van die diefstal van ’n selfoon is teen die twee sekuriteitswagte aanhangig gemaak. Volgens mnr. Kuume Uutaapama, besturende direkteur van die sekuriteitsmaatskappy Dog Force Security Services, is die twee wagte geskors terwyl ’n interne ondersoek na die voorval hangende is.
“Ons verskoon nie die aksies van die wagte op daardie dag nie en dié gedrag is beslis nie ’n aanduiding van hoe ons by Dog Force Security optree nie,” het Uutaapama gesê.
“Tog moet dit genoem word dat gevolgtrekkings nie gemaak moet word voor al die feite beskikbaar is nie. Volgens die verslag wat ek van my werknemers gekry het was die twee mans onder die invloed van alkohol. Die een het nie gehoor gegee aan versoeke om nie aan onbetaalde kos met sy bloederige hande te vat nie. Dit het hom gefrustreer en hulle het baie aggressief en beledigend begin optree,” het hy gesê.
Mnr. Frank van Zyl, eienaar van die diensstasie, het hom gister oor die voorval uitgespreek.
“Onder geen omstandighede kan ons geweld verskoon nie, maar elke naweek sukkel klante met my werknemers in die vroeë oggendure en word hulle gedreig of beledig.
“Wat kommerwekkend is, is van die gruwelike reaksies wat ons nou kry. Ná 18 jaar in die bedryf was daar net twee voorvalle – in een is een van ons joggies in ’n 'grap' met pepersproei in die gesig gespuit en nou dié een. Mense dink nou ons diensstasie is onveilig en ander wil my plek kom afbrand of my persoonlik aanval. Die voorvalle het niks met my of Engen te doen nie, maar eerder met die klante en die sekuriteitsmaatskappy,” het Van Zyl gesê.
Hy het bygevoeg dat een van die redes hoekom hulle die beeldmateriaal uitgereik het, was sodat mense ’n beter idee kon kry oor wat gebeur het.
Niemand is in hegtenis geneem nie en die sekuriteitsmaatskappy sê dat hulle in hierdie stadium geen klagte teen die broers gaan indien nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!