Nuwe hoofstuk vir Tsumeb Gim

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Wanneer ‘n mens by mnr. Petri van Wyk se kantoor by Tsumeb Gimnasium instap, is daar twee dinge wat jou oog vang.

Een is die kratte vars groente uit die skool se kwekery wat by die kantoor verkoop word. Dan die feit dat Van Wyk baie trek na een van die vorige skoolhoofde wie se foto teen die muur hang.

Op die ouderdom van 30 is hy een van die jongste skoolhoofde in die land.

“Dis ’n ongelooflike ervaring!” sê hy.

“Tien jaar gelede was ek self ’n leerder hier, so dit is baie spesiaal dat ek nou op hierdie manier kan terugploeg in my geliefde alma mater.”

Dié ontvanger van ‘n BSc-graad wou aanvanklik ’n mediese loopbaan aanpak, maar nadat hy vir ’n paar jaar by Windhoek Gimnasium skoolgehou het, wou hy met onderwys voortgaan. Toe ’n posisie by sy ou skool op Tsumeb beskikbaar raak, het hy dit aangegryp, want “daar is net iets spesiaal aan jou tuisdorp, veral ’n tuisdorp soos Tsumeb”.

“Ek het vir ’n paar jaar hier skoolgehou en toe die pos vir skoolhoof geadverteer is, het iets my net gesê ek moet aansoek doen. Ná ’n deeglike paar onderhoude met die skoolraad, is ek die pos aangebied,” sê Van Wyk.

“Dit was ’n groot aanpassing, maar ook ’n besonderse eer dat my skool en my akademiese seniors, sommige van wie vir my skoolgehou het, die vertroue in my gehad het om hierdie groot verantwoordelikheid aan my toe te vertrou.”

“Ek steun nog op die advies van twee senior onderwysers en ’n oudskoolhoof vir wie ek kan raadpleeg en idees mee bespreek. Dit help baie, want as skoolhoof is daar op ’n daaglikse basis komplekse uitdagings om aan te pak. Dan is daar ook nog die groter prentjie om die skool vorentoe te neem en waaraan die direksie moet dink.”

Hoewel hy nou ’n langbroek op die skoolgrond dra, is dit vir hom belangrik dat die leerders hom as beide ’n leier en ’n lid van hul skoolfamilie ag.

“Ons probeer om ten alle tye ’n familiegevoel te skep sodat ons kinders weet dat, maak nie saak wat in hul lewens aangaan nie, hulle skool ’n veilige en liefdevolle plek is waar hulle fisiek, akademies, emosioneel en geestelik kan groei en ontwikkel,” sê hy.

“Daar is uitdagings en struikelblokke, maar saam staan ons skoolfamilie sterk. Met die ondersteuning van Tsumeb se inwoners glo ons dat ons enige uitdagings kan aanpak en dit eerder in ’n geleentheid omskep waaruit ons kan leer en ontwikkel,” sê hy.

Waar hy by sy pa se foto tussen dié van ander oudskoolhoofde gaan staan, straal hy trots en passie uit. Vir ’n oomblik was Noorderlig oortuig Van Wyk sr. se glimlag raak al hoe breër.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!