Nuwe gesig op die Afrikaanse musiektoneel

Yandi Du Plessis
Die 20-jarige Nolene Spinks, beter bekend as Spinksie, se eerste enkelsnit “Verbode verlange” is nou op verskeie musiekplatforms beskikbaar.

Dié jong sangeres het verlede jaar sesde geëindig in die gewilde Maak My Famous-werklikheidsprogram en sangkompetisie op kykNET.

Sy kom uit 'n musikale familie en sê dit is onmoontlik om die presiese datum uit te wys waarop sy begin sing het. Hoewel sy al vir jare sing, het Maak My Famous vir haar as 'n skok gekom.

“Ek wou van die begin af 'n sangloopbaan volg, maar soos ek ouer geword het, het ek begin besef die geleenthede is min. Ek het ingeskryf met die hoop om deel te word van die kompetisie, maar sonder die geloof dat ek dit wel sou maak,” vertel sy.

“En daar dring ek deur tot die gesamentlike sesde posisie saam met Jayson Kleinschmidt!”

Die program het vir haar 'n platform gegee om haar loopbaan op te bou, sê sy.

“Dit is definitief die eerste stap na my toekoms.”

Spinksie beskryf haar musiekstyl as 'n “bietjie van alles”. Aangesien sy nooit formele sanglesse gehad het nie, het sy na sangers op YouTube en in flieks gekyk en probeer doen wat hulle doen. Só het sy geleer om te sing en het verskeie musiekstyle deel van haar sangstyl geword.

Haar sangtegniek word geïnspireer deur sangers soos Christina Anguilera en Billie Eilish. Haar skryfstyl word weer deur Demi Lovato s'n geïnspireer.

“Sy skryf uit haar ervarings en gevoelens en net so skryf ek uit 'n baie rou en eerlike plek.”

“Verbode Verlange” is beslis 'n mylpaal in haar musiekloopbaan. Danksy Maak My Famous het Spinksie in kontak gekom met Snyman-musiekproduksies, waar sy die lied opgeneem het.

“Ek het die lied lankal geskryf en presies geweet wat ek wou hê; tog was die proses eintlik baie vinniger as wat ek gedink het. In een oggend het ons alles klaar opgeneem.

“Die liefdesliedjie is geskryf gedurende 'n tyd toe ek my hart verloor het op iemand wat ek nie veronderstel was nie. Dit is geskryf uit frustrasie omdat ek verlang het, maar die verlange was eintlik verbode.

“Ek het probeer om dit te vermy en te ignoreer, maar ek kon nie, toe skryf ek die lied as 'n manier om my emosies uit te druk. Vandag is ons in 'n ernstige verhouding en toe ek die lied vir die eerste keer vir hom speel kon hy nie glo dit is hoe ek gevoel het nie. 'Verbode verlange' is 'n permanente merk van ons liefdesverhaal.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A