Nuwe geesdrif borrel vir Total Tara

Lippe word afgelek vir die stryd tussen Japie van Niekerk (RSA) en Wilro Dippenaar, wat onderskeidelik reeds drie- en tweemalige wenners is.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Opwinding en gespanne afwagting is aan die opbou vir die wegspring van die 50ste Total Tara-tydren wat vanaf 8 tot 10 November oor 21 supersneldele deur Windhoek Motorklub & Vriende vanaf Swakopmund na Windhoek aangebied word.

Met groot belangstelling uit Suid-Afrika en plaaslike petrolkoppe wat soos altyd in rep en roer is, kan meer as 'n mondvol oor dié ikoniese en geskiedkundige wedren geskryf word.

Met Total Namibië terug in die saal as hoofborg, het die organiseerders besluit dat spanne vanjaar weer soos in die verlede oor drie dae uitgedaag moet word.

'n Nuwe toevoeging tot die Tara, is die aanbieding van 'n afsonderlike veldjaagkampioenskap (off-road) vir bakkies en ander petrolmonsters. Dié jaers sal vir hul eie trofee oor 211 kilometer meeding, terwyl die ander tyd­renspanne vir die Total Tara-wisseltrofee mekaar in die S1-, S2-, S3- en S4-klasse pak.

Richard Slamet, voorsitter van Windhoek Motorklub, sê: “Dit is met groot genoeë dat ons vir die eerste keer in die Tara se geskiedenis twee kampioenskappe (tydren en veldjaag) gelyktydig aanbied wat oor dieselfde afstand en sneldele gejaag sal word.

“Die tydrenkarre is meer beheerbaar en ratser as die veldvoertuie wat groter, swaarder en kragtiger is. Veldjaag is een van die snel groeiende motorsportkodes en baie gewild by toeskouers. Daarom het ons besluit om die twee kategorieë van mekaar te skei en entoesiaste kan nou daarna uitsien om brullende V8-bakkies in aksie te sien.”

Plaaslik gaan Jaco van Dyk en navigator Michel Rust met 'n Dakar V8 Nissan Navara-bakkie van 5 liter met 'n opvolgratkas die aanslag van Hennie de Klerk se Dakar V8 VW Amarok-bakkie uit Suid-Afrika probeer afweer. De Klerk het vanjaar in sy eerste Dakar-deelname die prys as 2018 se beste Dakar-groentjie losgejaag. Vanuit Gobabis kan Stefan Labuschagné en navigator Lappies Labuschagné se 3.9 liter V8 Land Rover met bestendige jaagtegniek nie onderskat word nie, terwyl Bertie Smit se V8 Mazda Magnum-bakkie vir die gebruiklike opwinding sal sorg wanneer hy sy wapen van keuse deur die draaie gooi.

In die S3-klas waar die meeste aksie gewoonlik tussen die 4x4 S2000-deelnemers woed, gaan Wilro Dippenaar met sy Shell V-Power Toyota Auris van PZN Racing nie sommer net vir Japie van Niekerk en sy 4x4 NAD Ford Fiesta S2000 terugstaan nie.

Van Niekerk, van Suid-Afrika, is die enigste deelnemer wat die Tara by drie geleenthede kon wen – terwyl Dippenaar nou na sy derde Tara-kroon mik. Van Niekerk het in 2013 en 2014 met die titel weggestap en daarna weer in 2016 geseëvier, met Dippenaar in die tweede plek. Dit sal die eerste keer sedert 2016 wees wat Van Niekerk weer die Namibiërs kom uitdaag.

Dippenaar het in 2011 op die jeugdige ouderdom van 18 jaar met 'n 4x4 Toyota RunX S2000 die Total Tara ingepalm. Verlede jaar het hy saam met Riaan van der Westhuizen in die navigasie-sitplek sy tweede titel met sy 4x4 Shell V-Power S2000 Toyota Auris opgeraap en gaan beslis alles uithaal om dit op Saterdag 10 November nommer drie te maak.

As Namibië se voorste renjaer sal Dippenaar nie ligweg toelaat dat Van Niekerk en sy ander mededingers soos Richard Slamet (S4 I-S Freight Services 4x4 Subaru STI), Jaco Redelinghuys (S3 4x4 Gobabis Toyota Yaris S2000), Allan Martin (S3 J&P Hydraulics 4x4 VW Polo S2000) sy aanslag op die 2018 Total Tara-titel in die wiele ry nie.

Hennie de Klerk sê sy doelgeboude V8 Dakar Amarok met 'n opvolgratkas kom aanstaande Maandag in die land aan en hy is gereed om dié monster deur sy passies te sit.

“Ek is 'n gereelde besoeker aan Namibië, maar dit sal die eerste keer wees dat ek hier aan 'n tydren kom deelneem. Ek is 'n veldjaer en hoewel ek vanjaar my eerste Dakar-tydren voltooi het, is die Dakar geheel en al 'n ander soort kompetisie. Ek het geen tydren-ondervinding of agtergrond nie en dit sal my eerste probeerslag wees.

“Wanneer ek Dinsdag in Namibië land, sal ek reguit koers kies kus toe om die Amarok te gaan toets om weer aan die bakkie gewoond te raak.

“Ek is baie opgewonde en sien verskriklik uit daarna om vir die eerste keer aan die Tara deel te neem. Ná die Tara gaan ek vir drie dae oorbly en sal volgende jaar ook met die Amarok in die duine by Walvisbaai gaan oefen voor ek aan die 2019 Marokko Desert Challenge gaan deelneem,” het De Klerk aan die koerant gesê.



Die program van die 2018

Total Tara-tydren:

Dag 1, Donderdag 8 November

17:00 Spesiale sneldeel (SS) 1 Martin Luther, 9.20 km.

17:20 SS2 Pyplyn, 16.65 km.

17:40 SS3 Daggabos, 12.22 km.

19:25 SS4 Rössmund, 8.90 km.

Dagtotaal 46.97 km.

Dag 2, Vrydag 9 November

07:05 SS5 TransNamib, 24.73 km.

08:00 SS6 Husab-monument, 11.09 km.

09:05 SS7 Trekkopje, 11.42 km.

09:30 SS8 Kanonkop, 9.08 km.

10:20 SS9 Sukses, 13.51 km.

11:33 SS10 Kranzberg, 9.04 km.

12:18 SS11 Karibib, 7.50 km.

12:53 SS12 Vogelsang, 11.28 km.

13:40 SS13 Khanrivier, 11.43 km.

14:15 SS14 Wilhelmstal, 10.57 km.

18:25 SS15 Tony Rust, 6.33 km.

19:25 SS16 Tony Rust, 6.33 km.

Dagtotaal 132.31 km.

Dag 3, Saterdag 10 November

10:03 SS17 Rocky Crest, 5.31 km.

10:20 SS18 Prosperita 5.59 km.

11:30 SS19 Omeya, 10.45 km.

11:35 SS20 Rocky Crest, 5.31 km.

12:25 SS21 Tony Rust, 4.66 km.

Dagtotaal 32.32 km.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.22 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.56/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0141 | Zinc US$ 2 760.90/T DOWN -1.27% | Brent Crude Oil US$ 90.31/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 966.57/OZ DOWN -0.0058 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.22 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.56/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0141 | Zinc US$ 2 760.90/T DOWN -1.27% | Brent Crude Oil US$ 90.31/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 966.57/OZ DOWN -0.0058