Nuwe forum fokus op gesondheid
Nuwe forum fokus op gesondheid

Nuwe forum fokus op gesondheid

Met die knellende ekonomie en 'n tekort aan bekostigbare gesondheidsdienste is dit van kardinale belang dat rolspelers in dié bedryf hul verskille agterweë laat en saamwerk.

In 'n poging om die langtermyn-oor­lewing van die mediesefondsbedryf ­spesifiek te verseker, het rolspelers in die bedryf nou uit 'n verskeidenheid sektore en dissiplines die inisiatief geneem om die Health Industry Forum Namibia (HIFN) in die lewe te roep.

HIFN bied 'n algemene platform vir rolspelers om uitdagings in die bedryf te takel en moontlike oplossings hiervoor te vind.

Die HIFN se hoofdoel is om idees uit te ruil oor die unieke tendense, ­probleme, uitdagings en ­struikelblokke wat die bedryf in die gesig staar en om 'n ­platform te skep vir 'n gedeelde begrip van uitdagings om groter interaksie te verseker, beter kommunikasie onder rolspelers te bevorder en gedeelde ­oplossings te vind.

Die HIFN is nie daarop gemik om in te meng met die doelwitte en verantwoordelikhede van enige organisasie of beheerliggaam nie, maar om breër betrokkenheid van belanghebbendes aan te moedig.

Dit ondersteun ook beter begrip van beskikbare geleenthede, bedreigings en uitdagings wat die bedryf tans in die gesig staar en 'n volhoubare toekoms vir gesondheidsdiensverskaffers, pasiënte en mediesefondslede.

Die HIFN se tussentydse ­uitvoerende komitee bestaan uit me. Esme Botes (voorsitter), mnr. Henry Boshoff (onder­voorsitter), dr. Solly ­Amadhila, dr. Henning du Toit, dr. Steffen Bau, dr. Simon Beshir, me. Hanlie Otto, me. Saima Nambinga, mnr. Ronnie Skolnic, mnr. Willie van Wyk, me. Alison Begley, dr. Wessley Mouton, dr. Nelson Makemba, me. Elizabeth Kharuchas en me. Anthea van Wyk.

Kontak [email protected] vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!