Nuwe era vir interstreek-vervoer
Kazungula-brug, wat 923 meter oor die Zambezirivier strek, bied voortaan 'n alternatiewe, vinniger roete vir streekvervoerders.
Ronelle Rademeyer – In die noorde van Botswana, waar die Chobe- en Zambezirivier saamvloei, is 'n nuwe era in pad- en spoorverbinding tussen lande in Suider-Afrika vandeesweek ingelui.
Die byna kilometerlange Kazungula-brug tussen Botswana en Zambië wat Maandag amptelik in gebruik geneem is, word as 'n baken van hoop vir interstreek-vervoer beskryf.
Kazungula is die plek waar vier buurlande – Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe – mekaar geografies ontmoet.
Dié pad- en spoorprojek is onderneem om die opeenhoping by grensoorgange tussen lande te verlig en handel in die streek te bevorder.
Die boogvormige Kazungula-brug, wat 923 meter oor die Zambezirivier strek, bied 'n alternatiewe, vinniger roete vir vervoerders.
Vragmotors uit Suid-Afrika wat vrag vanaf die Durbanse hawe of elders na lande in die streek vervoer, kan voortaan die berugte Beitbrug-grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika omseil en deur Botswana reis. Vragmotors en voertuie wag ure en soms dae in lang rye om Beitbrug by Musina oor te steek.
“Dit sal die koste van sake doen verlaag,” het Zambië se president Edgar Lungu Maandag tydens die amptelike ingebruikneming van die brug gesê.
Volgens hom word “'n toename in handel en mededingendheid, werkskepping, toerisme en ander positiewe rimpeleffekte” verwag.
Die president van Botswana, mnr. Mokgweetsi Masisi, het gesê die brug ontsluit “moontlikhede vir verbeterde handel”.
Hy het gesê sy land beskou Zambië as 'n belangrike strategiese vennoot in ontwikkeling. Die projek is 'n bewys van die voortgesette groeiende betrekkinge tussen dié lande.
Die konstruksie van die US$259 miljoen-projek het in Desember 2014 begin, en is deur die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB), die Japanse Internasionale Samewerkingsagentskap (JICA), streekregerings en ander organisasies gefinansier. Namibië en Zimbabwe het in 2018 by die konsortium aangesluit.
- [email protected]; Bronne: Nampa/Reuters, Al Jazeera, The Business Insider

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie