Nuwe direksie neem Air Namibia-leisels oor

Volgens die minister van werke en vervoer het die lang werwingsproses geskikte leiers opgelewer.
Augetto Graig
Augetto Graig - Air Namibia, die nasionale lugredery, het gister ’n nuwe direksie gekry toe die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, die nuwe direksielede amptelik by die ministerie se hoofkantoor bekend gemaak het.

Dié nuwe span, wat van 1 Januarie af in werking tree, sluit mnr. Escher Luanda, me. Heritaha Nankole Muyoba, mnr. Willy Mertens, me. Nangula Kauluma, mnr. Alois Nyandoro en adv. Deidré Sauls-Deckenbrock in.

Volgens die minister is dit belangrik dat die lugredery se nuwe span leiers geslagte gelyk verteenwoordiging – derhalwe bestaan dit uit 50% mans en 50% vroue.

Dít strook met die regering se beleid, het hy gesê.

Ewe belangrik is die gespesialiseerde kundigheid wat elk tot die direksie bydra: korporatiewe bestuur in Luanda se geval, Muyoba se kennis van menslike hulpbronnebestuur, Mertens se kennis oor finansies, Nyandoro se lugvaartinsig en adv. Sauls-Deckenbrock se kennis oor kommersiële en korporatiewe reg.

Muutorwa het klem gelê op die deursigtige en openbare werwingsproses wat in die aanstellingsproses gevolg is.

Ná die poste in plaaslike koerante geadverteer is, is deeglike onderhoude gevoer om ses kandidate uit meer as 90 aansoeke te identifiseer, het Mutorwa gesê.

“Julle het met baie ander bekwame en gekwalifiseerde mense meegeding,” het hy aan die nuwe direksielede gesê.

Mutorwa het die nuwe direksie aangemoedig om hulself goed op die hoogte van toepaslike wetgewing te bring, wat insluit die wet op die bestuur van staatsondernemings, Namibië se burgerlike lugvaartwet, die maatskappyewet, staatsfinansieswet, die openbare verkrygingswet, asook die nuwe wetsontwerp wat die ministerie aan die parlement voorgelê het.

Dit sal volgens hom onnodige struikelblokke in die toekoms verhoed.

Mutorwa het gesê spanwerk is van kardinale belang vir die lugredery se sukses.

Die nuwe direksie sal voorvalle moet hanteer soos die onlangse skorsing van vier personeellede, wat na bewering onder die invloed van drank was terwyl hulle aan diens was.

Mutorwa het gesê dié voorval op 17 Desember word ten sterkste deur die regering veroordeel en hy ondersteun enige stappe wat Air Namibia in reaksie hierop doen.

Dissiplinêre stappe sal ná voltooiing van ’n ondersoek na die voorval gedoen word, het hy gesê.

Die nuwe direksie sal tot 31 Desember 2021 dien.

Hy vervang die vorige direksie wat deur mnr. Gerson Tjihenuna gelei is, met me. Florette Nakusera as adjunkvoorsitter.

Ander lede van die vorige direksie was mnr. Conville Britz, en mee. Wilhencia Uiras en Evelyn Zimba-Naris.

Die Tjihenuna-direksie se termyn het in Julie reeds verstryk, maar weens die lang werwingsproses is dié lede gevra om aan te bly.

Tjihenuna het vroeër gesê dit spyt hom dat die waarnemende besturende direkteur, adv. Mandi Ellaine Samson, steeds nie permanent aangestel is nie.

Mutorwa het gesê die aanstelling is na die kabinetskomitee oor staatsondermenings verwys, maar is nie weer onder die kabinet se aandag gebring nie.

Hy het gesê die aanstelling van amptenare wat waarneem, is ’n probleem, en selfs in sy ministerie is sleutelposte soos adjunk- permanente sekretarisse vir ’n geruime tyd reeds nie amptelik gevul nie.

Tjihenuna het verwys na die eerste geouditeerde finansiële verslae wat Air Namibia vir die jare 1998 tot 2014 ingedien het.

Mutorwa kon vandeesweek nie sê wanneer dié inligting bekend gemaak sal word nie, maar het Air Namibia vir hul samewerking geprys en vir die jaarlikse algemene vergadering wat sedert sy aanstelling as minister van werke en vervoer gehou is.

Air Namibia se maatskappy-sekretaris, me. Ingrid Cupido, het gesê dit was moeilik om 17 jaar se finansiële rekords te herskep, en het bygevoeg die vorige direksie was baie trots daarop.

Sy het gesê hulle het die grondslag gelê sodat jaarverslae vir 2014, -’15, -’16 en -’17 binne die volgende drie maande aan die ministeries van staatsondernemings, en van werke en vervoer, oorhandig kan word.

Air Namibia is as Edms. Bpk. onder die maatskappyewet geregistreer, het Cupido gesê.

Derhalwe sal die nuwe direksielede hul eie voorsitter en adjunkvoorsitter kies.

Hulle moet ook ooreenstem oor hoe lank hul nuwe voorsitter sal dien. Dié proses sal voor die einde van Januarie plaasvind, het sy gesê.

Adv. Samson het gesê sy is opgewonde oor die nuwe direksie wat bewys het Namibië beskik wel oor mense met die vaardighede om op die nasionale lugredery se direksie te dien.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%