Nuwe brandweerstasie vir Eros-lughawe
Tanja Bause - Die Eros-lughawe in Windhoek spog met 'n nuwe ultramoderne brandweerstasie.
Dit is gister amptelik deur die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, ingewy.
Die brandweerstasie word tans deur 14 reddings- en brandbestrydingpersoneel beman.
“Wanneer ons binne die volgende paar weke by die nuwe stasie intrek en ten volle operasioneel is, sal ons saam met my egter 18 personeellede wees. Dit beteken ons is nege op ? skof,” het die hoof van die stasie, mnr. Johannes Vries, gesê. Vries het in 1991 by dié brandweerstasie begin werk.
Die brandweerstasie sal binne 'n tien kilometer-radius van die Eros-lughawe die munisipale brandweer- en nooddienste met brandbestryding en nooddienste bystaan.
“Ons gebruik op die oomblik twee brandweerwaens wat 2 400 liters water, 1 800 liter skuim en 250 droë poeierchemikalieë aan boord het,” het Vries gesê.
Die Eros-lughawe is een van vier lughawens landwyd wat deur die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) vir opgradering uitgesonder is.
“Die lughawe is gekies om ontwikkel te word om sodoende 'n groter inkomste vir die NAC te genereer. Teen 2018 behoort al die opknappings afgehandel te wees wat ? nuwe aanloopbaan en eindpunte insluit,” het me. Ndeuhala Lewis, voorsitter van die NAC-raad, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie