Nuwe borgskap skep onmin
Boks
MTC het Dinsdag 'n reuseborgskap vir die MTC Nestor Sunshine-boksakademie, asook vir die Salute-boksakademie aangekondig.
Dié borgskap beloop bykans N$10 miljoen per jaar.
Die Sunshine-boksakademie is al etlike jare onder MTC se vlerk.
Met die insluiting van Kiriata Kamanya se Salute vir die volgende drie jaar het MTC egter 'n nuwe tydvak betree.
Nestor Tobias, voorsitter en eienaar van die MTC Sunshine-boksakademie, is van mening die insluiting van Kamanya se vorige borgskap het MTC met die helfte verdeel.
Tobias is vasbeslote om meer kampioene te brei.
“Ek is opgewonde, maar terselfdertyd geskok deur MTC se besluit. Ek het die afgelope jare presteer en dan verwag jy tog jou borg sal jou meer geld gee. Ek het verwag ons begroting sou deur MTC verdubbel word, maar ek is bly vir Salute se onthalwe en wens hulle geluk en verwelkom hulle by ons. Ek het na ons uitgawes en prestasies van die afgelope drie jaar gekyk en my begroting daarvolgens aan MTC voorgelê. Boks is vandag die groot wenner,” het Tobias gesê.
Kamanya is verheug oor MTC se vertroue in hom.
“Ek het MTC al 'n paar keer genader en nou het hulle uiteindelik ingestem ná hulle my harde werk raakgesien het. Ek sal die kontrak natuurlik eerbiedig en MTC se naam nie deur die modder sleep nie. Ek sien uit daarna om met MTC saam te werk,” het hy gesê.
Anita Tjombe van Iron Lady Promotions het 'n ander perspektief op die hele aangeleentheid.
Sy beweer Tobias het bewys hy kan boks nie ontwikkel nie, maar kan steeds voordeel uit MTC trek.
Sy sê sy ruik korrupsie.
“Nestor het nog niks aan sy 'gimnasium' verbeter nie en hy skuld talle boksers vir 'n geruime tyd geld vir gevegte wat al so lank as drie jaar gelede plaasgevind het.
“Ten spyte van dié ongerymdhede trek hy steeds voordeel uit die MTC-borgskap. Dit is onregverdig. MTC kon eerder die geld gevat het en dit gelykop tussen ons verdeel het om boks te help groei. Net die nuutgestigde AC-boksgimnasium het tans 'n wêreldkampioen en dit wys hulle is ernstig oor die sport en verdien om deur MTC ondersteun te word,” het Tjombe gesê.
Sy het die verhouding tussen Elvis Nashilongo, MTC-voorsitter, en Kamanya bevraagteken en gesê hulle is broers wat vir mekaar sorg.
MTC is die afgelope ses jaar reeds Tobias se borg.
In 2013 het MTC N$7,5 miljoen per jaar bewillig en dit in 2016 na N$10,37 miljoen verhoog.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie