Nuwe borg verbind hom tot Eagles
Krieket
Die opgewondenheid wat opgewek is toe die Namibiese krieketspan verlede jaar vir die eerste keer sedert 2003 vir ’n ICC Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het, het grootliks bygedra om vir hulle ’n nuwe borgskap vir die komende twee jaar vas te knoop.
Krieket Namibië het vandeesweek vir Torga Optical Namibia as die amptelike “oogsorgvennoot” van die Eagles bekendgestel.
Vir sportlui op elite vlak in die meeste sporte is visie ’n faktor van sleutelbelang en te danke aan Torga Optical word die Eagles se sonbrille en oogtoetse vir die volgende tweejaarperiode geborg.
Krieket Namibië se uitvoerende hoof, mnr. Johan Muller, sê: “Ons is baie opgewonde oor ons samewerking met Jana en haar span van Torga Optical. Hulle is ’n gerespekteerde handelsmerk in Namibië en is bekend vir goeie produkte en goeie diens.
“Die Eagles het vir die volgende twee jaar ’n druk wedstrydprogram in internasionale toernooie en gehalte oogsorg speel ’n kritieke rol in spelers se prestasie op die veld.
“Krieket is ’n sport wat die volle dag kan duur en wat in Namibië se baie warm somers gespeel word. Ek moedig elke jong sportman en sportvrou aan om goed na jou oë om te sien deur gereelde toetsing en korrekte oogprodukte.”
Jana Kotze, eienaar van Torga Optical Namibia, sê: “Ons is vreeslik trots om vir die res van 2020 en 2021 ’n vennoot van Krieket Namibië te wees en na die Eagles se behoeftes van oogsorg om te sien. Visie is ’n belangrike faktor in feitlik enige sport.”
“Gesonde oë en visie is vanselfsprekend belangrik vir optimale sportprestasie en verskeie visuele vaardighede het ’n wesenlike invloed op resultate. Beskerming teen die skerp son is ook belangrik. Ons het ook vandag vir elke speler ’n gratis oogtoets gegee.
“Die Eagles gaan van krag tot krag in hul internasionale kompetisie. Ons sien daarna uit om met die spelers en afrigterspan te werk en ons wens hulle ’n wonderlike jaar toe.”
Namibië was bestem om einde April ’n driehoekige eendagtoernooi met Nepal en Skotland as deel van die 2019-2022 ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks aan te bied.
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het egter verlede week al sy toernooie wat voor 30 Junie geskeduleer was, vanweë die coronaviruskrisis uitgestel.
Skotland, Namibië en Nepal is bestem vir nog ’n driehoekige eendagtoernooi in Skotland gedurende Julie. Die volgende toernooi in Windhoek is in September, met Papoea-Nieu-Guinee en die VSA as besoekers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie