Nuwe bome vir hoofstad
Die Windhoek-munisipaliteit het onlangs droë en dooie bome hoofsaaklik in Robert Mugaberylaan en David Hosea Merorostraat afgesaag en verwyder. Volgens die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, verwyder die instansie net bome as dit werklik nodig is. “Ons wil in die toekoms baie meer inheemse bome in die stad plant. Daar is tans baie in die munisipale kwekery. Ons wag dat hulle groot genoeg is sodat ons hulle kan uitplant,” het sy gesê. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie