Nuwe bevelvoerder vir vlootmag

Positiewe vooruitsigte gestel

04 September 2020 | Ministeries
Otis Finck op Walvisbaai

Skout-admiraal Sinsy Ndeshi Bamba Nghipandua het in Walvisbaai amptelik die bevelsposisie van die Namibiese vlootmag aan sy opvolger, skout-admiraal Alweendo Paulus Amungulu, oorgegee.

Die seremonie Maandag is deur die hoof van die Namibiese weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas, by die Captain PNNS Sacharia vlootbasis gelei.

Pinehas het albei admirale bedank vir hul groot bydrae tot die veiligheid en vreedsaamheid van die land.

Volgens hom is die verandering in bevel ’n aanduiding van die ontwikkeling van die Namibiese vlootmag.

“Daar is positiewe vooruitgang vir die vlootmag, omdat jonger individue vir posisies voorberei word.”

BOU VOORT

Pinehas het die nuut aangestelde bevelvoerder aangemoedig om op koers te bly op die platform wat deur sy voorganger, skout-admiraal Nghipandua, gestel is. Pinehas sê hy koester positiewe vooruitsigte vir die vloot en vir skout-admiraal Amungulu.

“Jou ervaring en kennis dra by tot jou leierskap, wat die vloot sal aanhou vorentoe dryf,” het die NDF-leier gesê.

Skout-admiraal Amungulu het in sy toespraak die rolspelers bedank.

“Ek is dankbaar teenoor die leiers in die ministerie van verdediging en die Namibiese weermag vir die geleentheid om die bevelvoerder van die vlootmag te wees. Ek sal julle nie teleurstel nie,” het hy gesê.

Amungulu het vir alle lede van die vlootmag aangemoedig om, soos in die verlede, in hul uitstekende militêre dissipline en trots te volhard.

“Ek vra dat julle elke dag jul beste gee. Ek sal dieselfde doen. Ons sal as span saamwerk om die uitdagings aan te pak.”

SY AGTERGROND

Amungulu het aanvanklik in Swapo se deurgangskamp buite Luanda as motorwerktuigkundige gewerk.

Hy het by die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN) aangesluit en was in radiokommunikasie opgelei.

Ná onafhanklikwording het Amungulu as korporaal by die Namibiese weermag (NDF) se departement vir beleid, beplanning en bedrywighede aangesluit. Hy is in 1995 tot luitenant (junior graad) bevorder.

Amugulu het die vlootbeamptekursus in Brasilië vanaf 1995 tot 1998 bygewoon en het hierin ’n diploma ontvang. Ná die stigting van die NDF se maritieme vleuel is hy tot luitenant (vlootmag) bevorder. Hy het tot 2004 as dié vleuel se stafhoof vir intelligensie gedien.

Sy bevordering tot bevelvoerder het hom in 2002 aan die stuur van die eerste Namibiese oorlogskip geplaas. Tydens sy aanstelling as bevelvoerder van dié skip is hy tot kaptein bevorder.

Hy was kommodant van vlootondersteuning en was verantwoordelik vir die administrasie en logistiek van die vlootmag vanaf 2010 tot 2017. Hy is in 2015 bevorder tot skout-admiraal (junior graad) en was as bevelvoerende offisier vir vlootoperasies vanaf September 2017 tot Augustus 2020 aangestel.

Amungulu het in Julie vanjaar sy graad in verdedigingstudies aan die National Defence University in China voltooi.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...