Nuwe begin vir handelaars
Nuwe begin vir handelaars

Nuwe begin vir handelaars

Maria Eiseb
Nadat nuwe bestuur Ark Trading verlede jaar in Januarie oorgeneem het, het dié handelaars onlangs in die hoofstad heropen.

Volgens mnr. Paul Koster, besturende direkteur, wil hulle die beste diens aan boukontrakteurs te lewer.



Mnr. Levi Strauss, direkteur van aankope, bemarking en handelsware, het tydens die opening gesê hulle het die konsep vir ’n deurrydiens by die kitskosbedryf geleen.

Op dié manier kan kliënte materiaal vinniger aanskaf.

“Tot dusver is ons die eerste handelaars waar kliënte in die gerief van hul voertuie diens kan ontvang," sê Strauss.

Kliënte kan in hul voertuie bly sit, terwyl materiaal na hulle gebring word en in hul karre gelaai word, het hy gesê.

Volgens Koster het hulle die uitleg van die perseel bestudeer en besluit dat dit moontlik is om drie verskillende dienste terselfdertyd aan kliënte te bied - die deurrydiens, ’n vinnige oplaai van materiaal by die Ark Pit Stop, en ook die oplaai van lorries.

“Dít kry jy reg as jy na jou kliënte luister," het Koster gesê.

Mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, het by die heropening gesê werkgewers moet met werknemers en kliënte verhoudings hê vir ’n onderneming om te floreer.

“Hy moet verseker dat die werknemer gelukkig is en dat hulle sekuriteit het," het Kazapua gesê.

Werksomstandighede en salarisse bepaal hoeveel werknemers tot ’n maatskappy sal bydra, het hy gesê.

Koster het Kazapua op ’n toer deur die gebou geneem en al die werknemers van die maatskappy aan hom voorgestel. Kazapua was beïndruk dat Koster die werkers se name ken en wou weet hoe hy dit regkry.

"Ons is ’n groot span," het Koster bloot geantwoord.

Mnr. Fanie Holtzhausen, ’n kliënt, het gesê hy ondersteun Ark Trading al jare lank en die onlangse veranderinge is ongelooflik.

“Geen hardewarewinkel in Namibië kan met die diens wat ek by Ark Trading kry, kompeteer nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!