Nuwe bakkies is hier
Nuwe bakkies is hier
GWM se P-reeks bekend gestel
11 January 2021 | Sakenuus
Augetto Graig – Die spoggerige P-reeks GWM-bakkies het in Windhoek aangekom en Pupkewitz het Saterdag die heel luuksste van die reeks, die Luxury Tourer (LT) outomatiese agt-rat 4x4, voor sy perseel op Onafhanklikheidslaan uitgestal.
Die blink bakkie was beskikbaar om te besigtig of vir toetsbestuur, vir diegene wat wou. Verskeie entoesiaste het die geleentheid aangegryp om die deure oop te maak en op die sagte sitplekke te sit.
Die verkoopshoof van Pupkewitz GWM en Haval, me. Bianca Weakley, het die gasvryheid beklemtoon en was gretig om haar insette oor die nuwe dubbelkajuitvoertuie met belangstellendes te deel.
Saam met die LT is daar ook reeds 'n SX 2x4 en 'n SX 4x4 in die land van Pupkewitz beskikbaar, terwyl die res van die reeks sonder lang vertraging uit Suid-Afrika bestel kan word. Sy sê hierdie reeks verskil baie van die Steed-bakkies wat reeds hul merk op Namibiese stofpaaie agtergelaat het.
Weakley sê die P-Series LT is meer gepas vir 'n uitstappie Grove Mall toe, of om die langpad see toe met gemak en selfvertroue aan te pak. Wie sou so 'n mooi masjien wou vuil maak?
Die agteruitsigkameras help maak die lengte en breedte van die voertuig maklik hanteerbaar, terwyl die swaar agterklap se veerskokstutte die bak se oopmaak versag.
Die toepassing van tegnologie vir veiliger bestuur is 'n kenmerk van hierdie nuwe benadering tot luukse bakkies. Waarskuwings terwyl van baan verwissel word, asook 'n stelsel wat help om die bakkie selfs op spoed in die middel van die baan te hou, kom standaard saam met 'n stelsel om teen voetgangers en fietsryers te waarsku.
Radar word ingespan om verkeer agter die voertuig raak te sien en ook te verhoed dat die bestuurder teen iets bots wanneer jy agteruit ry. Remme werk outomaties wanneer 'n moontlike ongeluk bespeur word.
In die geval van die SX-weergawes benodig die afslaan van daai agterklap beslis meer mannekrag. Die SX is die P-reeks se antwoord vir werkverrigting en word ook vir meer kommersiële doeleindes ingerig. Die tweeliter-dieselenjin kan tot 120 kW uitskop en die agterwielgedrewe vragdraer kom standaard met stabiliteitsbeheer, trekbeheer en kragstuur.
ABS-remme en 'n wielbanddruk- en afblaasmonitorstelsel is ook standaard.
Teen minder as N$380 000 vir die 2x4 SX GWM P-reeks bakkie, en onder N$550 000 vir die luukse LT, is 'n nader kykie van hierdie voertuie die moeite werd.
– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
48 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies