Nuwe baadjie vir twee oorde
Nuwe baadjie vir twee oorde

Nuwe baadjie vir twee oorde

Francoise Steynberg
Twee oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) gaan opgeknap word.

NWR se Terracebaai-oord word verbeter, en in die Etosha Nasionale Park word Okaukuejo se restaurant gemoderniseer.

Volgens 'n mediaverklaring van NWR word dié twee geriewe op die standaard van sy ander opgegradeerde geriewe gebring om kliëntetevredenheid te verseker.

Hierdie opgraderings sal nie die daaglikse bedryf van die oorde belemmer nie.

"NWR meen dit is tyd dat Okaukuejo se restaurant 'n nuwe baadjie aantrek, want dit is 10 jaar laas opgegradeer. By Terracebaai sal die kamers opgeknap word om gaste se ervaring daar te verbeter. Die opgraderings by Terracebaai is in 'n gevorderde stadium en alle kamers behoort die komende week voltooi te wees," sê die besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari.

Sy is verheug oor die opgraderings en vordering by die twee oorde.

Albei is gesogte toeristebestemmings. Terracebaai is 'n paradys vir vissermanne en verskaf 'n onvergeetlike ervaring in die Skedelkuspark. Okaukuejo is bekend vir sy verligte watergat, waar besoekers 'n verskeidenheid wilde diere van naby kan sien.

NWR sal voortgaan met opgraderings by sy onderskeie oorde om die geriewe op standaard te bring.

"Ons gaste is ons nommer een-prioriteit. Ons waardeer hul besigheid en sal altyd daarna streef om hul ervaring by ons geriewe te verbeter," sê Hengari.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!