Nuwe apartheid

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
Hoofartikel

DIE verpakking waarbinne die neo-apartheidsveiling van munisipale erwe in \'n uitbreiding van Walvisbaai se weelde-buurt Meersig lê, reik in wanstaltigheid na die norme wat deur die verkoping self neergelê is.
Soos wat die oorsprong van die rassistiese vergryp tot in \'n selfs verre verlede nagespeur kan word, so is die einde van die diskriminasiegolf nie in sig nie. Wat gaan volg nadat blanke Namibiërs op 19 Desember op skrif verbied is om saam met hul swart mede-burgers om grondbesit op Walvisbaai mee te ding?
Iewers moet halt geroep word. Juis daarom is \'n hoftoets van die verloop van die verrigtinge nie net wenslik nie, maar selfs noodsaaklik. En dit moet gou gedoen word. Duidelikheid moet verkry word of die waarborg van \'n land met gelyke geleenthede onderhewig gemaak gaan word aan die grille en giere van \'n stadsraad.
Die veiling waarop rassisme soos \'n brullende leeu gedwaal het, moet saamgelees word met die voor-geregte vir hierdie onsmaaklike hoofdis. Nog nooit was daar in die aanloop tot \'n vakansieseisoen by die see so \'n toestroming van politici vir openbare optredes nie. En haas sonder uitsondering het elkeen sy resitasietjies kom opsê. Swart bemagtiging, agtergeblewenes uit die verlede, reste van apartheid. Dit was die temas van die stukkies wat opgesê is. In die proses was daar verdraai en verdoesel. Dr. Hendrik Verwoerd is as die vader van apartheid uitgekryt vir sy regime in die jare sestig. Dit terwyl die bewindsoorname in die laat jare veertig in Suid-Afrika reeds geskied het op \'n skeidingsbeleid wat dr. D.F. Malan verkondig het.
Op die veilingsdag het die burgemeester van Walvisbaai, King Mandume Muatunga, verkondig hoe sat sy stadsraad is oor die verskillende waardes wat langs kleurlyne vir die dorp se ontspanningsoorde gevolg is - waardes wat deur die eens separatistiese regimes van die verlede bepaal is.
Dit is skeidslyne wat lank gelede deur voorgangers van die huidige Swapo-bewind tot op die grond afgebreek is in die jare toe die \"koning\" nog kortbroek gedra het. Vra maar die stadsklerk of die weelde van Langstrand oop is vir almal. Maar wie sou weet as die suiglekkertjies aan die toehoorders op Kuisebstrand uitgedeel moes word terwyl die erweveiling op die nuwe rykmanskliek in swart geledere gewag het.
In daardie voorafgaande dae het die \"King\" ook aangekondig dat swart bemagtiging in 2004 \'n be-leidsrigting van die Walvisbaaise munisipaliteit gaan word. Was die erweveiling net \'n voorspel van wat nog gaan kom?
Juis die agtergeblewenes van Kuisebmond wat nou \'n strandoord met gelyke standaarde op hul drumpel gekry het, standaarde waarin die swart bemagtigdes reeds gedeel het, het ook \'n ander reg. Dit is \'n reg om te weet wie die kopers van die Meersigerwe, veral die wa-terkanterwe, is. Hulle is die mense wat \'n sandvlakte moet oorsteek na hul strand terwyl die rykes op hul stoep kan uitstap om in die lafenis van \'n strandmeer te deel.
Hoekom moet die deksel van hierdie wurmkan deur die stadsraad toegedruk bly?
Die wit Walvisbaaiers, die mense wat nou uit die veling geskop is totdat hulle wat oorgebly het van die vloer kon opskep, is mense van Namibië wat in 1994 met Walvisbaai se eenwording met Namibië kon kies of hulle Suid-Afrikaners of \"nuwe\" Namibiërs wou word. Hul keuse het op \'n Namibië met gelyke regte vir almal geval. Maar nooit het hulle geweet dat teen hulle op so \'n wyse in hul land van geboorte gediskrimineer gaan word nie. (\"This auction is open for previously disadvantaged/excluded Namibians only\").
\'n Oop veiling kon tot groter mededinging en gevolglik \'n hoër omset gelei het. As dit die stadsraad se erns was, kon hierdie hoër inkomste vir die opheffing van die \"previously disadvantaged/excluded\" gebruik word. Dit sou billik wees met geen Petrus-haan wat daarna sou kraai nie.
Soos sake nou staan, het die \"konings\" van Walvisbaai van gedaante verander om as die prinse van neo-apartheid te paradeer.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...