Nuusbreker – Ontploffings môre tussen Windhoek en Okahandja
Springstof-ontploffings vind môre om 16:00 op die B1-hoofweg tussen Windhoek en Okahandja plaas.
Volgens ’n nuusverklaring van die Paaieowerheid (RA) sal die ontploffings sowat 30 minute duur. Die pad sal dus tussen 15:50 en 16:30 gesluit wees.
“Alle motoriste word versoek om kennis te neem van die tydelike sluiting van die pad en hul reis daarvolgens beplan,” lui die verklaring.
Foto ter illustrasie deur André Bruwer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie