Nuus in die kooi
By die Namibië Toerisme Ekspo het Namibia Media Holdings (NMH) se koerante in samewerking met Nictus 'n kompetisie aangebied waarin deelnemers hulself met hul gunsteling koerant in die bed moes afneem. Uit foto's van mense wat Republikein kooi toe gesleep het, is hierdie 14 finaliste gekies. Volgende week sal die redaksionele span uit hierdie kiekies een foto aanwys wat N$1 000 sal losslaan. Die Namibian Sun en Allgemeine Zeitung sal volgende week ook hul wenfoto's publiseer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie