Nust vier weer fees
Maria Eiseb - Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het vanjaar vir die 22ste keer hul kulturele fees gehou.
Prof. Tjama Tjivikua, Nust se visekanselier, sê die fees is vir die eerste keer gehou toe die kampus nog bekend was as die Politegnikum van Namibië (PoN).
Tydens die week lange fees is verskillende tradisionele danse van die verskillende kultuurgroepe in Namibië en tradisionele, sowel as internasionale disse ten toon gestel.
Disse was onder andere van Etiopië, Angola, Indonesië, Oostenryk en Nigerië.
Die fees help studente om meer oor mekaar se verskillende agtergronde te leer en te respekteer. Verskillende kulture is juis ’n dryfkrag van die universiteit.
“Die sterk basis van ons universiteit sluit verskeie kulture in," het hy gesê.
By dieselfde geleentheid het me. Clara Bohitile, voorsitter van die FNB Foundation Trust, gesê kultuur rig mense se lewenstyl en hul optrede in die gemeenskap.
Bohitile het gesê die stigting erken die belangrikheid van tradisie en het sowat N$75 000 aan die universiteit geskenk.
“Waar jy ook al gemoeid is, maak nie saak waar jy bly nie, jou tradisie is belangrik," het sy gesê.
Die studente het uiteenlopende gevoelens oor die fees.
Me. Rosetta ||Naobes, ’n derdejaarstudent, het gesê vir haar is die kleurvolle tradisionele uitrustings en die manier waarop studente hul tradisies beoefen elke jaar ’n wonderlike ervaring.
“Jy ontmoet verskillende mense en leer baie, maar die kos is baie duur," het sy gesê.
Mnr. Elister Swartz, ’n eerstejaar- wetenskap student, het gesê dié fees is anders as wat hulle op skool gehou het.
Toe was die fees net ’n dag lank, terwyl dit nou ’n hele week lank voortduur.
Me. Lorraine Alberto, ’n derdejaarstudent aan die universiteit, het gesê die fees is maar elke jaar dieselfde.
Sy moet klasse bywoon en kan dus nie aan die fees deelneem nie.
Vir mnr. Wanga Wanga Inancio, wat ’n pre-inleidende kursus in wetenskap- en wiskunde-tegnologie doen, is die fees ’n geleentheid om meer oor ander se tradisies te leer.
Volgens Inancio kan jy op grond van wat jy by die fees leer, ander mense in die buiteland verteenwoordig.
“Dit is baie belangrik,” het hy bygevoeg.
Die tema vir die vanjaar se fees is "Kulturele erfenis in ’n moderne samelewing".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie