NUST kry fotovoltau00efese-elektrisiteitsaanleg
NUST kry fotovoltau00efese-elektrisiteitsaanleg

NUST kry fotovoltaïese-elektrisiteitsaanleg

Dena help met sonkrag
Jo-Mare Duddy Booysen
''n Fotovoltaïese-elektrisiteitsaanleg is op Dinsdag 25 Oktober by die Namibië ­Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) se Kleines Heim-gastehuis ingehuldig.

Bewens die ontwerp en installering van die sonkragstelsel, is slypskole en opleidingsessies vir Namibiërs aangebied. Een van die doelwitte van die projek is om belangrike inligting oor kragonderbrekings in die streek te versamel ten einde pas­gemaakte sonkrag-oplossings aan Namibië en in SADC te voorsien.

Die 15 kWp-sonkragstelsel, wat met die oorhoofse kragnetwerk verbind is en deur ''n battery gerugsteun word, is deur twee Duitse ­maatskappye, deea solutions GmbH en ­Terrawatt Planungsgesellschaft mbH, ­geïnstalleer. Hulle het van produkte gebruik gemaak wat uitsluitlik van Duitse vervaardigers kom.

Die polikristallyne, fotovoltaïese modules is deur SI Module verskaf, ''n vervaardiger in Freiburg, Duitsland, terwyl die kragomsetters deur Kaco New Energy van Neckarsulm verskaf is. Hoppecke-loodsuurbatterye word gebruik om energie te stoor.

Dié projek vorm deel van ''n wêreldwye program vir hernubare energie en word gekoördineer deur die Deutsche Energie-­Agentur oftwel Duitse energie-agent­skap (Dena). Finansiering word ook deur die Duitse federale parlement se komitee vir ekonomiese sake en energie binne die Duitse Inisiatief vir Energieoplossings gedoen.

Die inhuldiging is bygewoon deur onder andere prof. Tjama Tjivikua, NUST se vise­kanselier; die ambassadeur van Duitsland, mnr. Christian-Matthias Schlaga; ''n verteenwoordiger van Dena, mnr. Markus Geb­hardt; die hoof uitvoerende beampte van deea solutions GmbH, mnr. Daniel Gudopp, asook die hoof uitvoerende beampte van Terrawatt Planungsgesellschaft mbH, mnr. Falk Zeuner.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!