Nust help ministerie met waardetoevoeging
Nust help ministerie met waardetoevoeging

Nust help ministerie met waardetoevoeging

'n Plaaslike universiteit het navorsing oor beter benutting van plaaslike hulpbronne gedoen.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) het in opdrag van die ministerie van myne en energie ondersoek gedoen na beter benutting van natuurlike hulpbronne ten einde waarde tot die ekonomie te voeg.

Nust sal môre in die hoofstad sy konsepstrategie vir waardetoevoeging tot die mynboubedryf in Namibië voorlê. Verskeie Nust-professore sal oor die bevindings van hul navorsing uitwei en die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Simeon Negumbo, is een van die sprekers.

Volgens Nust moet Namibië onder meer meer rou materiaal en intermediêre hulpbronne verkry; navorsing, innovasie en vaardighede verbeter; beleggings lok en behou; toepaslike tegnologie en infrastruktuur aanskaf; handel dryf in produkte wat waarde toevoeg en dit ook bemark; en die omgewing met die oog op volhoubaarheid bewaar.

Volgens die navorsers is daar ver­skeie redes vir vertraagde ontwikkeling van waardetoevoeging in ­Namibiese nywerhede.

Dit sluit in: Hoë insetkoste; lae produktiwiteitsvlakke; die ongunstige nasionale posisie op ­kredietranglyste; die tekort aan rou materiaal en skaalvoordele; beperkte toegang tot vaardighede en 'n moeilike sakeomgewing. Boonop is dit moeilik vir plaaslike vervaardigers om finansiering te kry en die aanvraag na plaaslik verbeterde produkte is laag.

Die universiteit gaan voorstel die regering maak beleidsveranderinge om oplossings vir die probleme te vind. Een daarvan is dat 'n aansporing­skema geskep word om beleggings in waardetoevoeging aan te spoor.

“'n Ideale aansporingskema in Namibië moet deursigtig en stabiel wees, en beleidsdoelwitte met 'n minimum verlies van belasting­inkomste bereik,” lui die konsep­dokument.

Die ministerie van finansies moet die aansporingskema bestuur om die kostes daarvan na behore te kan bereken. Finansiële aansporing op diskresie van amptenare moet vermy word. Algemene vrystelling van belasting vir sekere korporatiewe instansies moet stelselmatig gestaak word en enige aansporings moet tydsgebonde wees. Die doeltreffendheid van elke ­aansporingsmeganisme moet gedurig gemonitor word. Hierdie aanpassings moet vir die land bekostigbaar en eenvoudig wees, spesifieke nywerhede teiken, en gereeld hersien word,” sê die akademici.

Die potensiaal van verskeie hulpbronne is ondersoek.

Dit sluit in edelstene; ­halfedelstene; brandstofminerale; edelmetale; nie-edelmetale; batteryminerale; nywerheidsminerale en ysterlegerings.

Spesifieke aandag is gegee aan die moontlikhede wat diamante, koper, klei, silika, sout, kalksteen, gips, sink en fosfaat inhou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107