Nujoma vier sy 90ste saam met Chinese

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Stigterspresident Sam Nujoma het sy 90ste verjaardag op 12 Mei by die Chinese ambassade in Windhoek gevier.

Die Chinese ambassadeur, mnr. Zhang Yiming, het foto's van die vieringe die aand op sy Facebook-blad geplaas en geskryf dit was 'n vrolike geleentheid wat Nujoma saam met sy familie en Chinese vriende geniet het.

“Dit was 'n groot eer dat Nujoma gekies het om sy 90ste verjaardag by ons ambassade te herdenk, wat 'n teken van die diep vriendskap met die Chinese regering en sy mense is,” het Zhang geskryf.

Dit volg nadat Nujoma 'n amptelike partytjie van die regering van die hand gewys het. Volgens 'n mediaverklaring verlede week van Staatshuis se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, wou Nujoma nie hê dat staatshulpbronne in die huidige ekonomiese omstandighede en die droogte op sy verjaardagvieringe bestee word nie.

Tydens die aandete het die ambassa­deur 'n brief van gelukwensing van die voorsitter van die portefeulje­komitee van China se Nasionale Volkskongres, mnr. Li Zhanshu, oorhandig.

“Ek is baie bly dat die stigters­vader nog steeds gesond is en Chinese cuisine soos Peking-eend geniet,” het Zhang gesê.

“Nujoma is die geliefde vader van die Namibiese mense en 'n toonbeeld vir Afrika om vir onafhanklikheid en vryheid te veg. Hy is ook 'n ou vriend van die Chinese mense en 'n bekende naam in China.”

Zhang het gesê Nujoma het China al 17 keer besoek en vriendskappe met baie Chinese leiers gesmee, rotsvaste betrekkinge tussen China en Namibië gevestig, en 'n aansienlike bydrae tot die ontwikkeling van betrekkinge tussen die twee lande gelewer.

“'n Chinese gesegde lui dat 'n rewolusionêr altyd jonk bly. Ek hoop dat Nujoma gelukkig en gesond sal wees en nog lank sal lewe. Ek hoop China en Namibië sal die tradisionele vriend­skap tussen China en Namibië ontwikkel waaraan Nujoma so toegewyd is,” was Zhang se wense.

Verskeie amptenare van die ministerie van internasionale ­betrekkinge en samewerking, asook Nujoma se seun en die minister van grond­hervorming, mnr. Uutoni Nujoma, was ook by die feesvieringe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!