Nujoma sê Gurirab het stryd gewen
Die ontslape oudpremier van Namibië, mnr. Theo-Ben Gurirab, het die grootste gedeelte van sy lewe aan die vryheid van die land gewy, is die afgelope naweek gesê.
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê wyle mnr. Theo-Ben Gurirab sou wou hê die grondbrandpunt moet met geduld, verdraagsaamheid en ’n fokus op volhoubare oplossings gepak word.
Met die oog op die tweede grondkonferensie sedert onafhanklikheid, wat vir Oktober vanjaar beplan word, het Geingob die afgelope naweek gesê: “Ons is dit aan hom (Gurirab) verskuldig.”
Geingob sê Gurirab was veel meer as ’n gesoute diplomaat en onderhandelaar. “Kom ons vergeet nie van Theo-Ben die man, pa, oupa, oom en broer nie.”
Geingob het na wat verneem word destyds vir Gurirab en sy Amerikaanse vrou, me. Joan Guriras, aan mekaar voorgestel.
Aan haar het Geingob die naweek gesê: “Suster Joan, ek weet hoe julle lank terug ontmoet het. Trouens, jy het hom beter geken as die meeste van ons, insluitend diegene van Usakos (waar Gurirab vandaan kom). Julle het pragtige oomblikke gedeel. Maar as die vrou van ’n man van die bevrydingstryd, het jy baie eensame oomblikke deurgebring toe jou geliefde man vir lang tydperke van die huis af weg was.”
Die egpaar het twee seuns, mnre. Dantagob en Hanganee Gurirab.
Oudpres. Sam Nujoma het Saterdag by mnr. Theo-Ben Gurirab se begrafnis by Heldeakker aan die buitewyke van die hoofstad gesê Gurirab het die stryd gewen.
Volgens Gurirab se opvolger in die Nasionale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, was Gurirab ’n ongeëwenaarde diplomaat wat oor ’n breë kennis van internasionale betrekkinge en die wêreldpolitiek beskik het.
Hiernaas, het die speaker gesê Gurirab het ’n ongelooflike slag met taal gehad.
Mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), het vir Gurirab onthou as ’n politikus wat nie stamgebonde was nie.
Gurirab het ook die land se belange bo dié van die regerende party, Swapo, gestel, het Venaani Vrydagmiddag in die parlementstuine gesê waar ’n roudiens vir Gurirab gehou is.
Venaani het tydens sy huldeblyk ’n staaltjie gedeel oor ’n besoek aan China wat hy destyds saam met Gurirab, Guriras, en die oud-LP, me. Clara Bohitile, gebring het.
Tydens dié amptelike besoek is hulle op ’n tiengangmaaltyd getrakteer.
Toe skerpioene as een van die gange aangebied is, wou Bohitile glo op Afrikaans by Gurirab weet wat hulle te doen staan.
Sy raad was toe volgens Venaani dat hulle maar moet weglê aan die skerpioene, wat hulle toe ook gedoen het.
Venaani het ’n beroep op pres. Geingob gedoen om ’n werks- en ekonomiese beraad te belê om te help om
“ons werklose jeug te verlos van die pyn om tuis te sit”.
Mnr. Tsudisa !Gonteb het namens die familie gesê Gurirab was “ons lewende biblioteek”.
Sedert Gurirab se uittrede uit voltydse politiek, sowat drie jaar gelede, het dit vir hom gelyk of van Gurirab vergeet is, het !Gonteb gesê. Veral die afgelope twee jaar het heelwat minder mense by Gurirab aan huis gekuier, het hy gesê.
Me. Rachel Odede, VN-verteenwoordiger vir Namibië, het namens die VN se sekretaris-generaal, mnr. António Guterres, hulde gebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie