Nujoma, Pohamba vertrek na Kuba
Stigterspresident Sam Nujoma en oudpresident Hifikepunye Pohamba het vanoggend na Kuba vertrek om die gedenkdiens van die Kubaanse leier Fidel Castro by te woon. Hulle sal by pres. Hage Geingob in Havana aansluit waar die gedenkdiens vandag plaasvind.
Castro is Vrydag in die ouderdom van 90 jaar oorlede.
Nujoma het Castro op 29 September vanjaar tydens 'n amptelike besoek aan Kuba ontmoet.
Die Kubaanse regering het Saterdag 'n routydperk van nege dae afgekondig. Castro is Saterdag veras. Sy staatsbegrafnis vind op 4 Desember plaas. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie