Nudo verwelkom aanstelling
Nudo verwelkom aanstelling

Nudo verwelkom aanstelling

Denver Kisting


Denver Kisting – Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) steun die aanstelling van hul leier in pres. Hage Geingob se kabinet.

Die nasionale voorsitter van Nudo, mnr. Elia Kandjii, sê die party verwelkom die aanstelling van dr. Esther Muinjangue (foto), hul president, as adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste. “Ons is van mening dat opposisiepartye hulle nie moet beperk tot kritiek teen die regering nie, maar ook beleidsrigtings formuleer wat hulle in staat stel of voorberei om regeringsverantwoordelikhede op te neem.”

Kandjii het vanoggend op ’n nuuskonferensie by hul kantoor in Windhoek gesê die aanstelling bied ’n platform aan Nudo “om sy politieke ideologie te deel en belange te bevorder in die area van die gegewe mandaat. Dit berus by ons om geskik op die transaksie te kapitaliseer.”

Geingob het Sondag vir Muinjangue as adjunkminister aangestel toe hy sy kabinetslede vir sy laaste vyfjaartermyn aangewys het.
Sy was verlede jaar die eerste vrouekandidaat in ’n presidensiële verkiesing in Namibië.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!