Nudo skop drie leiers uit party
Die president van Nudo het Dinsdag drie leierskapsfigure in die Okakarara-kiesafdeling geskors.
Augetto Graig – Die president van Nudo, dr. Esther Muinjangue, het Dinsdag vir mnr. Vetaruhe Kandorozu uit dié politieke party geskop. Kandorozu het Nudo vir 15 jaar in die Okakarara-kiesafdeling verteenwoordig.
By dieselfde geleentheid is mnr. Ambros Mundjindjiri, dié kiesafdeling se koördineerder, en mnr. Jackson Kapuu Ngairo, Nudo se takkoördineerder van die Okakarara-tak, ook van hul pligte onthef.
“Ek kan nie met slange in my huis bly, wat net wag om te byt nie. Ek moet van hulle ontslae raak,” sê Muinjangue.
Volgens die Nudo-president is Kandorozu suur vandat sy in Maart 2019 die pos as president aanvaar het.
“Voortdurende pogings, onder die leierskap van Vetaruhe Kandorozu, is sedert verlede jaar aan die gang om hierdie party onregeerbaar te maak,” sê sy.
Sy sê Kandorozu was laasjaar betrokke by ’n veldtog om Nudo se ondersteuners te oortuig om vir dr. Panduleni Itula te stem en ’n tugsaak is aanhangig gemaak. Hy is in Julie vanjaar aan dié klagte skuldig bevind en berispe.
“Onlangs het ons klankopnames ontvang, en ander inligting, wat aandui mnr. Kandorozu beplan die stille dood van Nudo in Okakarara,” sê sy.
“Die strategie is by laataandvergaderings bespreek en Kandorozu het selfs in die openbaar gesê hy ondersteun ’n onafhanklike kandidaat teen die party se verkose kandidaat,” sê sy.
Volgens haar het die party se leierskap Maandag die besluit geneem om Kandorozu te skors. ’n Besluit is ook geneem om Mundjindjiri uit sy amp te skors en hom van die dorpsraad herroep. Dit volg ná Mundjindjiri se registrasie as onafhanklike kandidaat vir die komende plaaslike en streekverkiesings. Ngairo is geskors omdat hy Mundjindjiri se registrasie onderteken het. Verder verskyn Ngairo se naam op ’n ander party se kandidaatslys vir die komende verkiesings, sê sy.
Kandorozu sê egter hy bly ’n lid van Nudo en is steeds in sy kantoor.
“Ek sal aanhou om die party te dien tot die einde van volgende maand, wanneer my termyn tot ’n einde kom,” sê hy.
Hy sê Okakarara is verantwoordelik vir alles wat hy vandag is. “Ek is dankbaar om hulle vir 15 jaar te kon dien. Ek sal uit die politiek tree,” brei Kandorozu uit oor sy toekomsplanne. “Ek sal gemeenskapsdiens betree; selfs as ’n waterpuntbestuurder by die dorpie, sal ek steeds die gemeenskap dien,” sê hy.
Oor Muinjangue se verklaring sê hy: “Daardie is net politieke briewe wat geen doel dien nie. Ek bly ’n lid van Nudo tot die dood ons skei,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie