Nudo ruk op oor herroepings

14 June 2018 | In beeld
Sowat 200 lede van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het onlangs ’n optog van hul hoofkantoor in Katutura na Windhoek se munisipaliteit gehou om ’n petisie aan mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, te oorhandig.

Tydens die oorhandiging het mnr. Stephanus Zakaapi, koördineerder van die Aminuis-kiesafdeling, die petisie voorgelees en gesê die party verwerp die munisipaliteit se herroeping van mnr. Joseph Kauandenge as raadslid.

Hulle verwerp ook die herroeping van mnr. Uahumisa Kaapehi van Swakopmund se dorpsraad, en mnr. Munjasa Karuhumba van Okakarara se dorpsraad.

“Ons het vir hulle gestem en het volle vertroue in hulle,” het hy gesê.

Zakaapi het dit duidelik gestel dat mnr. Meundju Jahanika, wat glo die herroeping van hierdie raadslede per brief versoek het, volgens wet geen outoriteit het om dit te doen nie.

Zakaapi het ook tydens die oorhandiging gesê mnr. Asser Mbai is deur me. Esther Muinjangue as Nudo se president vervang.

Hy het gesê dié inligting is ook aan die Verkiesingskommissie (ECN), die Nasionale Vergadering (NV) en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling oorgedra.

Soortgelyk

 

Windhoek se baas in die pad gesteek

1 uur gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Windhoek se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, is geskors.Republikein verneem dié skorsing sal vir minstens drie maande geld.Die wending kom te midde...

Swaar reën, oosweer kom dalk môre

3 ure gelede | Omgewing

Swaar reën word vir môre op plekke oor die sentrale noorde, die Kunene-, Erongo-, westelike Otjozondjupa- en Khomasstreek voorspel, terwyl oosweer na verwagting vanaf môre...

'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

16 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.'n Storm...

Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

16 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie...

Utoni hou voet by stuk oor Rus

16 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer Die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat...

Huurbeheer binne drie weke ingestel

16 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê hy het daarin geslaag om die regering tot die instel van huurbeheerrade te dwing.In huurordonnansie nommer 13...

Skole, koshuise is ‘kraamsale’

16 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die enigste oplossing vir die terugbrenging van morele waardes en om tienerswangerskappe hok te slaan, is die herinstel van Bybelstudie by skole...

Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie

16 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word. Die funksies onder meer die identifisering van plekke...

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

16 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.Hy het verlede week in die...