NTY2018: Wie gaan die kroon dra?
NTY2018: Wie gaan die kroon dra?

NTY2018: Wie gaan die kroon dra?

Kenya Kambowe
Kenya Kambowe



Stemme stroom onverpoos in vir 2018 se Klein Dorp van die Jaar-kompetisie.

Die vier finaliste, Eenhana, Okahao, Oniipa en Oranjemund, is uitstallers by dié week se Namibië Toerisme Ekspo en besoekers kan eerstehands uitvind wat elkeen van die dorpe 'n unieke toerismebestemming maak.

Mnr. Walde Ndevashiya, uit­voerende hoof van Eenhana se munisipaliteit, sê die dorp het die afgelope jare in ontwikkeling groot treë vooruit gegee. Behalwe vir die oorlogsmonument buite die dorp is daar volgens hom talle interessante bestemmings om te besoek.

“Die dorp is baie skoon en mis­daadvry,” sê Ndevashiya.

Die ryk geskiedenis, kultuurerfenis en netheid van Okahao is volgens die uitvoerende hoof van die dorp se munisipaliteit, mnr. Timoteus Namwandi, van dié finalis se groot trekpleisters.

Oniipa is eers onlangs as dorp geproklameer, maar staan volgens die dorp se uitvoerende hoof, mnr. Junias Jacob, nie 'n tree terug vir die ander finaliste nie.

“Ons is een van die jongste en snelgroeiendste dorpe in Namibië,” sê Jacob. “Ons is bevoorreg om die monumente hier te hê wat deur Finse sendelinge gevestig is en dit lok baie toeriste.”

Oor Oranjemund sê me. Glenadette Scholtz, munisipale woordvoerder en ontwikkelingsbeampte: “Dis 'n unieke dorp met 'n fassinerende geskiedenis en 'n gasvryheidskultuur wat die gemeenskap aan­spoor om tot die land se ekonomie by te dra.” Sy sê duisende Namibiërs het hegte bande met dié dorp.

Kyk op bladsy 12 hoe om te stem en dalk N$28 000 los te slaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!