NTB-werkers pak ministerie
Werknemers van die Namibië Toerismeraad (NTB) het Woensdag 'n vreedsame optog by die ministerie van die omgewing en toerisme se hoofkantoor in die hoofstad gehou.
Hulle eis dat hul uitvoerende hoof, mnr. Digu ||Naobeb, uit sy pos verwyder moet word en dat sy ongeouditeerde kantoorrekening deur die ministerie of die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek word.
Hulle het ook geëis dat die direksie ontbind word en dat die minister 'n nuwe rekenmeester aanstel.
Dié optog volg op 'n soortgelyke een wat verlede Dinsdag gehou is, waar dieselfde versoeke en eise gestel is. Daar was toe egter geen direksielid wat die groep se klagskrif ontvang het nie, derhalwe hul besluit om na die ministerie se hoofkantoor op te ruk.
Die voorsitter van die vakbond se verteenwoordigende komitee, mnr. Theo Kamatoto, het die klagskrif namens die werknemers gelees en beklemtoon hulle is ontevrede oor onregverdige arbeidspraktyke en wanbestuur sedert 2011.
Kamatoto het verduidelik klagtes wat aan die direksie gerig is oor kommer oor viktimisasie is deur ||Naobeb na hom (Kamatoto) terugverwys om opgelos te word, "wat my die speler en die skeidsregter tegelykertyd maak".
Die werknemers beweer voorts direksielede is ook eienaars van toerismeondernemings, wat 'n konflik van belange behels.
“Wie reguleer ons as die direksievoorsitter met 'n ongeregistreerde maatskappy (Wild Africa Travel) wegkom, waaraan tenders toegeken is, en hy steeds as voorsitter aangewys is?” vra hulle.
Die ministerie is tot 18 Julie die geleentheid gegun om op die klagskrif te reageer.
Indien nie, sal meer optogte volgens die groep gehou word en 'n dispuutsaak by die arbeidskommissaris aanhangig gemaak word.
Die klagskrif is namens die minister, mnr. Pohamba Shifeta, deur die direkteur van toerisme, dr. Sem Shikongo, ontvang. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie