NTB wen Kora-hofsaak
NTB wen Kora-hofsaak

NTB wen Kora-hofsaak

Regter Herman Oosthuizen het gister ten gunste van die Namibiese Toerismeraad beslis in 'n hofsaak wat al sedert 2016 sloer.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die Namibiese Toerismeraad (NTB) sê hulle sal nou met hul prokureurs bespreek watter weg hulle sal moet volg om die meer as N$57,1 miljoen in te vorder wat Mundial Telecom Sarl aan hulle verskuldig is nadat hulle nie die Kora-toekenningsgeleentheid aangebied het nie.

Dit volg nadat regter Herman Oosthuizen gister ten gunste van NTB beslis het in die hofsaak wat al sedert 2016 sloer.

Hy het beveel Mundial moet die bedrag van effens meer as N$23,5 miljoen aan NTB terugbetaal, met 20% rente per jaar vanaf 1 Julie 2016 tot die datum van finale betaling. Die maatskappy is ook gelas om NTB se regskostes te betaal.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het die N$51,7 miljoen slegs vanaf 1 Julie 2016 tot 1 Julie 2021 bereken.

Die uitvoerende hoof van NTB, mnr. Digu //Naobeb het aan die koerant gesê hulle sal moet bespreek hoe om hul geld te verhaal, of dit nou deur Interpol of 'n ander internasionale agentskap is wat hulle sal moet gebruik om hul geld terug te kry.

Die saak dateer terug na September 2016 toe NTB Mundial Telecom Sarl, die stigter van die Kora-toekennings, mnr. Erenst Adjovi en mnr. Tonata Shiimi vir die eerste keer vir 'n bedrag van N$23 miljoen (plus 20% rente) gedagvaar het, wat NTB vir 'n platinum-toerismepakket betaal het om Namibië te bemark, maar wat nooit gedoen is nie.

Mundial Telecom besit die regte om die Kora-toekennings aan te bied, terwyl Andjovi as president van die maatskappy opgetree het en Shiimi die nasionale direkteur van die toekennings was.

Mundial Telecom het besluit om die Kora-toekenningsgeleentheid op 20 Maart 2016 in Namibië aan te bied.

Die toekennings sou aanvanklik op 13 Desember 2015 plaasvind, maar is toe uitgestel.

Volgens die kontrak wat op 4 Desember 2015 onderteken is, moes NTB voor of op 10 Desember 2015 'n bedrag van N$23,5 miljoen betaal.

Hofstukke toon egter die eerste betaling van N$5 miljoen is op 22 Desember 2015 gemaak en die tweede (N$5 miljoen) op 23 Desember 2015.

Op 7 Januarie 2016 is 'n bykomende N$5 miljoen oorgeplaas en op 17 Februarie 2016 nog N$8,5 miljoen.

Die geld is in Mundial Telecom in Abidjan, Ivoorkus, se bankrekening inbetaal.

Die laaste betaling is gedoen sowat 'n maand voor die toekennings in Namibië sou plaasvind.

Die beloofde promosiepakket het gewaarborg dat promosie-televisiesnitte met Namibië ten minstens teen 20 Januarie 2016 op alle deelnemende Afrika-televisiestasies sou wees.



KLOUSULE OOR TERUGBETALING

Oosthuizen het gesê die verweerder se keuse om die ooreenkoms met NTB op 15 Maart te kanselleer weens laat betalings was strydig met die ooreenkoms en het daarop gewys dat NTB teen die tyd van kansellasie sy betalings teen 17 Februarie voltooi het.

Hy het verder gesê die ooreenkoms tussen NTB en Mundial is afsonderlik, sonder enige inmenging of inkorporering van die ooreenkoms wat Mundial op 8 Oktober 2015 met die regering gesluit het.

Oosthuizen het verwys na 'n klousule in die ooreenkoms wat dit volgens hom duidelik maak dat NTB daarop geregtig om terugbetaling te eis, minus uitgawes wat deur die partye bepaal is binne 60 dae nadat die toekennings nie plaasgevind het nie.

“Dis 'n gemene saak dat die verweerder verkies het om nie 'n teeneis vir sy beweerde, maar onbewyse redelike uitgawes in te stel nie en die verweerder nie die gewaarborgde kenmerke van die platinum-toerismebevorderingspakket gelewer het nie,” het hy gesê.

Hy het bevind NTB se eis vir 'n terugbetaling is geldig.

//Naobeb het agterna gesê die uitspraak is 'n verligting ná soveel jare.

“Trouens, dis 'n getuienis dat NTB 'n organisasie is wat gegrond is op gesonde korporatiewe bestuur.”

Hy het gesê die les wat hieruit geleer is, is dat wanneer 'n ooreenkoms aangegaan word, dit behoorlik en omvattend gedokumenteer moet word om enige verwarring of wanopvattings of enige skuiwergate te vermy.

“As 'n land is dit vir ons almal 'n leerproses dat as ons groot projekte van hierdie aard wil aanpak, behoorlike omsigtigheid gedoen moet word in ooreenstemming met die geleenthede wat gebied word en of dit uitvoerbaar en volhoubaar is.”

Hy het bygevoeg evaluering moet ook gedoen word op diegene wat by sulke projekte betrokke is, aangesien hulle dikwels met goeie bedoelings kom, maar eintlik wil hulle instellings korrupteer.

“Ons moet ons teen sulke skelms beskerm wat projekte aan beide die regering en openbare ondernemings aanbied, om te verseker daar word na die nasie se belange omgesien.”

Mnr. Pierre Erasmus wat namens die beskuldigde verskyn het, het gesê hy moet eers die uitspraak aan sy kliënt voorlê voordat besluit kan word of hulle gaan appelleer.

Mnr. Kaitjata Kangueehi het namens NTB verskyn. Die saak is afgehandel en van die hofrol verwyder.

[email protected]

FOTO
Kaitjata Kangueehi in die hof saam met die hoof uitvoerende beampte van NTB, Digu //Naobeb. FOTO ELLANIE SMIT

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 371.34/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0168 | Zinc US$ 2 751.90/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 90.26/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 961.39/OZ DOWN -0.0111 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 371.34/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0168 | Zinc US$ 2 751.90/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 90.26/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 961.39/OZ DOWN -0.0111