Nét Namibiërs kan ekonomie red, sê kenner

Beraad op hande

03 July 2019 | Regering
Denver Kisting



Diegene wat munt slaan uit die ekonomiese krisis sal nie ­belangstel in oplossings vir die voortslepende ellende nie.

So sê mnr. Johannes !Gawaxab, voorsitter van die hoëvlakpaneel oor die Namibiese ekonomie.

“Diegene wat baat vind by die krisis sal hulle verset teen enige ­oplossings, omdat hulle geld maak uit die ­situasie,” sê hy.

Hy sê sedert hul aanstelling deur pres. Hage Geingob vroeër vanjaar het die paneel reeds wyd beraadslaag met die jeug, vakbonde, Namibië se Kamer van Mynwese en die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI).

Dit is belangrik om te beklemtoon Namibië kan net deur Namibiërs ­ontwikkel word, sê !Gawaxab.

“Die uitdagings wat ons het, kan ­uiteindelik net deur Namibiërs die hoof gebied word.”

Die gesoute sakeman het 'n beroep op inwoners gedoen om met die paneel in verbinding te tree as hulle projekte het wat die ekonomiese krisis kan help besleg.

!Gawaxab sê die paneel gee reeds vandeesweek terugvoering aan die president oor beleidstruikelblokke wat uit die weg geruim moet word om beleggersvertroue te herstel.

Volgens hom is “vertroue die ­goedkoopste vorm van stimulus”.

'n Beleggersberaad word vir einde vandeesmaand beplan.

Die paneel het plaaslike, streek- en internasionale beleggers genooi om te kom beleef wat die land te bied het, het !Gawaxab gesê.

Hy sê die doelwit is onder meer om privatesektorgedrewe groei 'n ­hupstoot te gee.

Die beraad vind van 31 Julie tot 1 Augustus by 'n hotel in Windhoek plaas.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

15 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

15 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

15 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

15 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

15 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

15 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...