NSSU stuur sy beste o.15's na Serwië

Atletiek

22 July 2021 | Sport
Andrew Poolman – ’n Besondere geleentheid vir kompetisie op internasionale vlak lê vir elf baan- en veldatlete van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) voor.

Die NSSU stuur sy o.15-span na die Internasionale Skolesportfederasie (ISF) se wêreldspele wat van 11 tot 19 September in Serwië se hoofstad Belgrado beslis word.

Dit sal die eerste keer wees dat die ISF hierdie multi-sport spele (14 sportkodes) in die o.15-ouderdomsgroep aanbied, wat tevore wel vir die ouer groepe aangebied was, sê die NSSU se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker.

“Die NSSU sal sy atletiek- en skaakspanne stuur. Ons het sokker ook oorweeg, maar in die huidige omstandighede waarin kontaksport verbied word, kan ons nie ’n span kies of voorberei nie,” sê Duiker.

Die koördineerder sê die NSSU se nasionale atletiekkampioenskap wat in April afgehandel is, het as die maatstaf gedien waarvolgens die span gekies is. “Net atlete wat vertonings van minstens 800 punte in enige item gelewer het, is oorweeg, omdat hierdie ’n byeenkoms van internasionale klas is.”

Duiker sê die NSSU hoop om borge te kan betrek wat die aansienlike toerkoste van meer as N$20 000 per atleet kan help verlig. Dit sluit die vliegkaartjies en verblyfkoste in, sonder dat sakgeld vir die atlete bygereken is.

“Die NSSU ontvang tans nie bystand van die regering vir enige van ons programme behalwe die personeel se salarisse nie. Die NSSU betaal wel die koste van die span se klerasie en die aansoeke vir visums.

Volgens Duiker sal die beamptes wat die span vergesel, eers bevestig kan word sodra die skole heropen.

Die uitgesoekte NSSU o.15-atlete:

• Leané Boshoff (Otjozondjupa, Karstveld Academie) gewigstoot, diskusgooi, 4x100 aflos

• Christiaan Burger (Khomas, Windhoek Gimnasium) gewigstoot

• Rauno de Carvalho (Hardap) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Jano Erasmus (Otjozondjupa, Edugate) 300 m hekkies, spiesgooi, 4x100 aflos

• Epifanio Johannes (Ohangwena) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Waldre Kotze (Khomas, Windhoek Gimnasium) diskusgooi

• Anine le Roux (Khomas, Windhoek Affies) 100 m, 90 m hekkies, 4x100 aflos

• Liina Nanhele (Erongo) 400 m

• Megano Naseb (||Kharas) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Dané van Zyl (Khomas, Windhoek Gimnasium) 90 m hekkies, 300 m hekkies, 4x100 aflos

• Zack von Wielligh (Khomas, Windhoek Gimnasium) 100 m hekkies, 300 m hekkies, 4x100 aflos

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

3 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

3 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

3 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

3 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

3 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

3 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

3 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

3 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

9 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...