NSSU se vervoerband van talent loop glad
Die beste van die land se skole-atlete was die naweek in Windhoek op vertoon.
Andrew Poolman - Naellopers het met die vernaamste toekennings weggestap ná afloop van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale atletiekkampioenskap wat die naweek afgehandel is.
Seuns en meisies van oor die hele land het Vrydag en Saterdag in drie ouderdomsgroepe (onder 13, o.15 en o.17) in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek meegeding.
Sherman du Plessis van Erongo is as die byeenkoms se senior victor ludorum aangewys, met 2640 punte. Die skolier van Walvisbaai Privaat Hoërskool het die o.17-seuns se 100 meter (11.11 sekondes), die 200 in 22.45 en die 400 in 49.55 ingepalm.
Een van verskeie vondse uit die afgeleë Namibiese platteland wat op die toneel gebars het, was Beatrice Masilingi van die Kavango-Oos (senior victrix ludorum met 2632 punte). Sy het in die o.17-meisies se 100, 200 en 400 meters los onder die opposisie uitgehardloop met indrukwekkende wentye van 12.11 sekondes, 24.27 s en 55.78 s. Laasgenoemde is 'n nuwe NSSU-rekord.
Die junior victor ludorum (laerskole) was Kaleb Kalondo (Khomas) met 1544 punte. Hy moes met 'n silwer in die 100 tevrede wees (12.66), maar het die 200 in 25.70 gewen.
Nog 'n sterk presteerder in sy ouderdomsgroep (12-13 jaar) was Nicholas van der Colf van Erongo (Pro-Ed Akademie), wat oorwinnings in die spiesgooi (40.59 meter), gewigstoot (11.93 m) en diskusgooi (38.33 m) behaal het. Laasgenoemde afstand is 'n NSSU-ouderdomsrekord.
Die toekenning vir junior victrix ludorum is aan Anine le Roux van die Otjozondjupa-span oorhandig (2394 punte). Haar goue medaljes was in die 75 meter hekkies (12.21 s) en verspring (4.92 m).
NOG INDIVIDUELE PRYSE
Beste baanatleet, junior meisies: Anine le Roux (Otjozondjupa), 75 m hekkies, 12.21 sekondes (NSSU-rekord), 920 punte.
Beste baanatleet, junior seuns: Max Voges (Khomas), 80 m hekkies, 12.66 sekondes, 1266 punte.
Beste baanatleet, senior meisies: Porche Botha (Khomas), 80 hekkies, 12.32 s, 1057 punte.
Beste baanatleet, senior seuns: Janco Burger (Otjozondjupa), 300 hekkies, 40.44 sekondes (NSSU-rekord), 1156 punte.
Beste veldatleet, junior meisies: Rauna Mbinga (Otjozondjupa), hoogspring, 1.40 meter, 670 punte.
Beste veldatleet, junior seuns: Kristin Louw (Khomas) hoogspring, 1.56 meter, 637 punte.
Beste veldatleet, senior meisies: Chrislene Klein-Nienaber (Erongo), hoogspring, 1.60 meter, 766 punte.
Beste veldatleet, senior seuns: André Retief (Hardap), hoogspring, 1.88 meter, 767 punte.
Beste o.13-meisiesatleet: Anine le Roux (Otjozondjupa) 2394 punte.
Beste o.13-seunsatleet: Kaleb Kalondo (Khomas) 1544 punte.
Beste o.15-meisiesatleet: Carien Oosthuizen (Otjozondjupa) 2674 punte.
Beste o.15-seunsatleet: Ryk Erasmus (Otjozondjupa) 2606 punte.
Beste o.17-meisiesatleet: Beatrice Masilingi (Kavango-Oos) 2632 punte.
Beste o.17-seunsatleet: Sherman du Plessis (Erongo) 2640 punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie