NSFAF terug op tapyt

Parlementêre komitee eis antwoorde

25 November 2021 | Ministeries
Augetto Graig

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) moet vanoggend opnuut voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn om antwoorde te verskaf hoe miljarde dollar vir studielenings jaarliks bestee word.

Volgens die fonds se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kennedy Kandume, spook ’n ontstellende verlede steeds by die instelling. Kandume sê daar bestaan eenvoudig geen behoorlike rekords om “oorgeërfte aanvangsaldo's” vas te stel nie.

Die penarie geld vir die boekjare 2010-’11, 2011-’12 en 2012-’2013. Vir die tydperk is geen geouditeerde finansiële inligting beskikbaar nie, het Kandume gister tydens ‘n vergadering met die media gesê.

“Wat intussen gebeur het, kan niemand sê nie. Hoekom daar geen regte oorhandiging was nie; geen finansiële state nie? Dit spook by ons soos ons nou hier praat,” het hy verduidelik.

“Die state is nêrens te vinde nie, wat dinge moeilik maak vir die huidige oudit. Miskien sou hulle (die komitee) iemand met groter gesag as ons, wie toe betrokke was, kon roep om te kom antwoord.”

Kandume wil die toedrag van sake vandag opnuut onder die regering se aandag bring.

“Dit moet aandag kry, hierdie kwessie van die aanvangsaldo’s. Iemand moet ons die goedkeuring gee om oor te begin,” het hy gepleit, omdat enige ouditverslag daarsonder gekwalifiseerd sal wees.

Die ouditeur-generaal se kantoor het vroeër vanjaar ’n verdoemende verslag oor die NSFAF se sake in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.

Die verlede – gekenmerk deur ‘n gebrek aan beleid en prosedures, besigheidstelsels of -prosesse, die twyfelagtige toekenning van fondse, onreëlmatighede en konflikte in belange – belemmer volgens Kandume steeds die instansie.

Sedert 2018 het dinge volgens hom reeds baie verbeter. “Jy moet ons nie oor dieselfde kam as vyf jaar terug skeer nie. As instansie het ons aanbeweeg,” het hy gesê.

Die opstel van ‘n geldige leningsboek is volgens Kandume ’n prestasie. “Die fonds weet nou presies wie van 88 000 debiteure hoeveel van die N$5,8 miljard op die boek skuld. Die skuld behels N$4,2 miljard deur begunstigdes wat reeds hul studies voltooi het, en van dit word N$2,1 miljard geskuld deur mense wie ekonomies aktief is,” het hy gesê.

Die NSFAF betaal sy geskorste uitvoerende hoof, me. Hilya Nghiwete, ook steeds haar salaris nadat die kantoor van die arbeidskommisaris bevind het sy is sonder ‘n verhoor of skuldigbevinding die deur gewys.

Mnr. Fillemon Wise Immanuel, die NSFAF se regsman en maatskappysekretaris, het as volg hieroor uitgewei. “Daar was kwessies met die NSFAF en verskeie beweringe in verband met die instansie en sy bestuur. Die raad het ’n proses begin om finaal vas te stel wie verantwoordelik is.

“Van die kwessies is by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aangemeld en ons wag steeds op hulle. Ons was deursigtig en het betrokke instansies genooi om ondersoek na ’n reeks voorvalle in te stel,” het Immanuel gesê.

“Die raad het met dissiplinêre optrede teen sekere werknemers begin, maar daar was uitdagings en beperkinge om dit te voltooi, met ’n verhoorproses wat twee jaar geduur het. Die instansie het tyd en hulpbronne bestee, terwyl die betrokke partye kat en muis gespeel het,” het hy aangevoer.

“Toe die raad besluit dat die reg op verhoor nie absoluut is nie, en die werksverhouding beëndig, het sy (Nghiwete) by die arbeidskommissaris se kantoor gaan kla oor onregverdige afdanking. Die arbiter het beveel sy moet met terugbetaling heraangestel word. Die raad het appèl teen die beslissing aangeteken, maar intussen moet dit gehandhaaf word.”

Volgens Immanuel is vertroue onherstelbaar gebreek en die raad sê hulle kan Nghiwete nie meer met gesag vertrou nie.

NSFAF het al hulp aan meer as 150 000 Namibiese studente verleen; aanvanklik as toelae, later as studiebeurse en lenings en nou amper uitsluitlik deur lenings. Oor die jare is altesaam N$9,5 miljard hiervoor uitbetaal. - [email protected]

Soortgelyk

 

Weer vir 25 November 2021

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Sterk westewinde kan vandag en môre oor die binneland waai.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suide en ooste met enkele...

Shortie en die pienk padstal

5 ure gelede | Gemeenskap

Tanja BauseBy die kruising van die B8-pad van Grootfontein en die C44-pad na Tsumkwe is ‘n helder pienk padstal onder ’n paar bome geparkeer. Die...

Headspring Investments sê oor boorpermitte

13 ure gelede | Omgewing

Headspring Investments lig sy boorkontrakteurs gereeld oor permitvoorwaardes in en die kontrak met kontrakteurs sluit klousules in wat bepaal hulle moet oor die registrasies en...

Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeënt

14 ure gelede | Gesondheid

Namibië het 55% van sy geteikende bejaarde bevolking ingeënt, terwyl 49,8% van die teikenbevolking van mense met onderliggende toestande 'n entstof teen Covid-19 ontvang het....

Twee tuissterftes, 15 nuwe gevalle

15 ure gelede | Gesondheid

Twee tuissterftes in die Noorde van die land stoot die Covid-sterftesyfer op tot 3 571. Gister is 15 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van...

Kospryse deur die dak

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer Voedselpryse het wêreldwyd die hoogste vlak in tien jaar bereik en lande sal vanjaar meer as US$1,75 triljoen (sowat N$27 triljoen) aan voedselinvoere...

Toerisme: N$100...

1 dag gelede | Toerisme

Erwin Leuschner Swakopmund was gister die eerste om besonder­hede oor die regering se herlewingsplan vir toerisme te hoor.Die konsepplan strek van 2022 tot 2024 en...

Nog ’n Fishrotter doen aansoek om borgtog

1 dag gelede | Howe

Kristien KrugerNog ’n beskuldigde in die Fishrot-sage se formele aansoek om borgtog sal vandag in die hoërhof in Windhoek begin.Regter Johanna Salionga het gister die...

Namibiër deur Prins William vereer

1 dag gelede | Omgewing

Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust (SRT) in Namibië, Simson Uri-Khob, is Maandagaand in Londen met die Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika...