NSFAF subsidieer skootrekenaars, datatoestelle
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, die ministerie van hoër onderwys, en 'n apolitiese studente-taakmag stel maatreëls in om die belemmerende uitwerking van Covid-19 op studente te verlig.
Augetto Graig – Namibiese studente sal binnekort gesubsidieerde skootrekenaars en goedkoop data kan koop om aanlyn afstandsonderrig te vergemaklik.
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het Donderdag saam met 'n apolitiese studente-taakmag maatreëls bekend gemaak om die uitwerking van Covid-19 op Namibiese studente en aanlyn onderrig te verminder, met die ondersteuning van die ministerie van onderwys, tegnologie en vernuwing.
Volgens die NSFAF se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kennedy Kandume, het die nasionale raad vir hoër onderwys navorsing gedoen met betrekking tot die tekortkominge van doeltreffende aanlyn onderwys vir studente.
Die navorsing het bevind dat baie studente nie toegang tot rekenaars of skootrekenaars het nie, en nog meer kan nie die koste van data vir toegang tot aanlyn studiemateriaal en -platforms bekostig nie.
Verder is bepaal verskeie hoëronderwysinstellings het nie die nodige inligting en kommunikasietegnologie (ICT)-infrastruktuur om aanlyn onderwys aan te bied nie en benewens 'n tekort aan stoorplek vir kursusse, programme en navorsingsmateriaal, het universiteite in Namibië ook groter interne en eksterne internetbandwydte nodig.
Die NSFAF-woordvoerder, mnr. Percy Tjahere, sê steun vanaf die fonds aan hoëronderwysinstellings is reeds ver gevorderd, met die installasie by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) wat reeds aan die gang is, terwyl die Universiteit van Namibië (Unam) nog vir toerusting wag. Hierdie toerusting is om aanvullende kapasiteit te voorsien en behoort nie enige internetgebaseerde dienste van dié instelling te belemmer nie, sê hy.
Die tender vir die skootrekenaars is geadverteer en ongeveer 70 verskaffers het getender om 32 000 skootrekenaars te verskaf, sê Tjahere.
Volgens Kandume is die evalueringsproses nog aan die gang. Een van die vereistes is dat 'n dienssentrum vir die getenderde skootrekenaars reeds in Namibië moet bestaan, om te verseker die toerusting kan plaaslik herstel word.
Altesaam 28 000 datatoestelle is reeds deur die diensverskaffer Telecom Namibia aan NSFAF beskikbaar gestel.
Die toestelle en die skootrekenaars sal aan studente wat deur die NSFAF gefinansier word, ander Namibiese hoër onderwys-studente en studente in die buiteland beskikbaar gestel word.
Volgens Kandume kan studente die skootrekenaar of die datatoestelle of albei deur middel van NSFAF se leningskontrakte bekom. Hulle het ook 'n keuse om dié kostes van hul toelaag vir nieklasgelde te verhaal, óf kontant te betaal.
Met die ministerie se steun kan studente die skootrekenaars ter waarde van N$6 000
teen 'n gesubsidieerde prys van N$3 000 koop.
Die datatoestelle se waarde is N$690 en studente kan dit vanaf die NSFAF vir 'n eenmalige jaarlikse betaling van N$345 bekom. Die toestelle is gelaai met 10 GB, wat maandeliks outomaties hernu word, en waarvan 5 GB aan toegang tot die betrokke hoëronderwysinstelling se netwerk gekoppel is.
Die pakket beloop dus N$3 345 per student, sê hy.
Volgens Tjahere was konsultasie met studenteleiers noodsaaklik.
“Ons kan nie vir studente wees, sonder studente nie,” sê hy.
Mnr. Bernard Kavau, die voorsitter van die taakmag, sê met die taakmag, die ministerie en die NSFAF se samewerking, kan gratis gehalte-opleiding 'n werklikheid word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie