NSFAF steun 14 000 studente
Die nasionale hulpfonds vir studente beplan om vanjaar 90% van N$1,45 miljard aan studente te bestee.
Augetto Graig - Vanjaar sal die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) finansiële bystand aan meer as 14 000 begunstigdes verskaf.
Die hulpfonds het verlede week lyste van begunstigdes begin vrystel.
Studente wat deur middel van die NSFAF finansiële hulp van die regering kry, sluit ook dié by beroepsopleidingsentrums (VTC's) in.
Mnr. Kennedy Kandume, die NSFAF se waarnemende uitvoerende hoof, het gesê die lys wat verlede Dinsdag vrygestel is, sluit studente in wat by die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM) geregistreer is.
Die lys van begunstigdes wat by ander plaaslike instellings van hoër onderwys geregistreer is, sou verlede Donderdag vrygestel word, het Kandume gesê.
Begunstigdes by internasionale instellings van hoër onderwys sal direk per e-pos en SMS daarvan in kennis gestel word.
“Studente by VTC's, wat deur die regering of 'n staatsonderneming besit word, kwalifiseer outomaties vir finansiële hulp en 'n proses sal van stapel gestuur word om hulle op die NSFAF se stelsel te laat registreer om betaling moontlik te maak,” het hy gesê.
Gevra of die hulpfonds genoeg geld het om sy verpligtinge vanjaar na te kom, het Kandume gesê: “Die regering het 'n bedrag van N$1,45 miljard vir 2018 toegeken, waarvan 90% geoormerk is om reedsbestaande studente én nuwes te finansier.”
Volgens hom is voorsiening vir onderrig- sowel as nie-onderrigfooie gemaak.
Wat die skedule vir betaling aan die betrokke universiteite betref, en die situasie in die verlede waar studente nie toegang tot hul uitslae gehad het voor die NSFAF nie betalings gemaak het nie, het Kandume gesê die fonds het dié instansies reeds hieroor genader.
Die fonds het hulle glo gevra om NSFAF-begunstigdes toegang tot alle akademiese dienste te verleen, insluitende toelating tot eksamens, het hy gesê.
Unam het onlangs aangekondig studente sal, ten spyte van hul skuld, steeds eksamens mag aflê.
Kandume het gesê alle skuld op klasgeld vir 2017 is reeds vereffen.
“Wat die uitstaande geld vir 2017 se nie-onderrigfooie betref, is die NSFAF in gesprek met sleutelrolspelers oor 'n oplossing,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie